Gedagtegang
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Op loop inni wye Namib droog
Echoes wyd duine warm en hoog
Tussen Kuiseb lope deur
My gedagtes inni Tsauchab skeur
Soos koue gryskombers verdwyn
Oggend warm verbreek en warm skyn
My gedagtes gang praat met my
Voetspore agtervolg vir my
Oor die Namibrant hoog
Staan volstruis gras geel en droog
’n Lus vir die oog seer
Welwitschias wat wind trotseer
Suidwester wag klippe waai
Narrabos wortel diep waar water draai
My gedagtes inni Namib verdwaal
In die woestyn kom ek tot verhaal.
Op loop inni wye Namib droog
Echoes wyd duine warm en hoog
Tussen Kuiseb lope deur
My gedagtes inni Tsauchab skeur
Soos koue gryskombers verdwyn
Oggend warm verbreek en warm skyn
My gedagtes gang praat met my
Voetspore agtervolg vir my
Oor die Namibrant hoog
Staan volstruis gras geel en droog
’n Lus vir die oog seer
Welwitschias wat wind trotseer
Suidwester wag klippe waai
Narrabos wortel diep waar water draai
My gedagtes inni Namib verdwaal
In die woestyn kom ek tot verhaal.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie