No Image Caption

Gedig van ’n vreemdeling

MARTIN DENTLINGER SKRYF:

Soms, net soms kom kuier jy,

dan praat ons oor hierdie goed wat net jy en Ek verstaan.

Soos ’n vreemde kind van ’n vreemde pa,

uit ’n vreemde land,

vȇr verhewe bo aards bestaan.

In saad in lendene van geslag tot geslag vervat, omvat, bewaar.

Oor die eeue heen bewaar nog voor die fondasie van die aarde was,

Solank terug en vooruit in ewigheid beplan.

My perfektheid op jou nog wag,

Van ewigheid tot ewigheid in beperktheid vir aardse lewensloop in plek geplaas.

Net so lank al was ek jou Alfa en so lank jou Omega.

Teen hierdie tyd moet jy tog weet,

al verstaan jy niks.

Tussen vreemde wesens soos ’n vreemdeling uit ’n perfekte vreemde land.

Jou, in nou, ’n stortterein van goed en kwaad; lig en duisternis; soet en suur gestort.

Maar daarvan onthou jy niks.

al weet jy dit is waar.

Soos ’n kluitjie saam met ander rommel in ’n driebeenpot gedompel op hete vuur geroer, gebraai.

Soos silwer uitgesuiwer vir bruikbaarheid vir Vadershuis.

Dis die plek waar min begeer te wees,

maar jy het self so verkies.

Onthou jy nou? Al verstaan jy niks.

Soos ’n brief het jy jouself kom skryf en self gelees.

’n Brief; van posbus tot posbus gepos,

maar niemand wil lees ’n brief wat homself kan skryf en lees.

Die wat eendag wel met heldekrag, sy eie taal van ’n vreemdeling aangeleer wil lees,

verstaan maar min of niks.

Maar dit hoef niemand jou te vertel,

dit alles weet jy wel.

Vas geanker sal jy staan op die bodem van die land wat ek bepaal,

’n Eens perfekte land, maar tans deur jou in ’n doolhof vermag,

deur wind en weer so erg geskend,

maar dit alles weet jy ook,

jy verstaan mos nou ’n bietjie meer.

Soos die anker van ’n skip in die Rots se skeur sal die branders van die see jou nie mee kan sleur,

Die silwer ankerkoord het ek self geknoop en die seestroom of stormwind sal jou nie op die seestrand meer verswelg;

Jy verstaan nog nie mooi, maar weet wat ek sȇ; is waar.

Daardie silwer koord sal ek self kom knip,

dan sal die erdekruik na die bodem sink.

En Ek sal jou self na my Vader en jou Vader se land wegneem.

Daar waar vrede en vreugde vȇr verhewe bo die aardse lewe wag.

Daar sal jy wel mooi verstaan wat Ek al die tyd vir jou wil sȇ.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!