Geen meer water vir hierdie tuin
ANONIEM SKRYF:
Aan wie dit mag aangaan.
Okahandja se munisipaliteit/Cenored laat die tuindorp net agteruit gaan.
Kataazu-straat Noord is al van verlede jaar rondom Oktober sonder straatligte. Na menigte oproepe na Cenored se noodlynnommer is daar tot vandag toe nog geen verbetering nie. Met diefstal en inbrake wat toeneem in die dorp, is hierdie donker straat die perfekte teiken. Die inwoners van hierdie straat loop gereeld deur.
Die dorp gebruik nog die ou asbes waterpype, wat ook jare gelede al vervang sou word. Weens korrupsie by die munisipaliteit het hierdie ontwikkeling ook deur die mat geval.
Ons het nou amper weekliks waterpype wat bars, dan sit ons menigte kere vir ure en dae sonder water voor hulle dit regmaak.
Hierdie tuindorp raak nou 'n put sonder water, 'n stasie sonder krag, waar aasvoëls roof en plunder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie