Geestelike transformasie van die kerk (Deel 2)
PASTOOR BRIAN LOSPER SKRYF:
Die chaotiese omstandighede waarin die wêreld hom bevind is besig om ’n sigbare afname te toon.
Alhoewel dit blyk dat alles onder beheer is, is die tekens meer sigbaar wanneer dit deur die geestelike oog waargeneem word. Sonder die regte leiding is daar lyding. Die Volke roep om leiers, om kragfigure wat in staat sal wees om hulle uit hierdie Babelse verwarring te bring na ‘n meer vreedsame en geordende samelewing, net om maar weer opnuut teleurgestel te word.
Ons as Gemeenskap van Gelowiges het dieper geestelike leiding nodig om in hierdie chaotiese agteruitgang van die wêreld te oorleef. Hierdie leidsman wat ons soek en nodig het, is geen mens nie, maar die Heilige Gees wat ons deur middel van die Woord van God sal lei tot restorasie. As gesante van God het ons ‘n verantwoordelike taak om te vervul, en daarom behoort ons geheel en al te handel in oorleg en in opdrag van die Een wat ons gestuur het, God die Almagtige van Hemel en Aarde.
Uit hierdie interaksie word dit duidelik dat daar ‘n Oorgang van die Kerktydperk na die Koninkryktydperk moet plaasvind. Die rede hiertoe is dat die huidige kerkstruktuur verstrengel geraak het en kompromieë aangegaan het met die wêreld. God roep ons nou uit (ekklesia) om ons los te maak van die wêreld (Openbaring 18:4) en om as Sy Goddelike Gesante (verteenwoordigers/ambassadeurs) op te tree. (Romeine 8:19)
Dit het tyd geword dat ons die Goddelike Skeppingsopdrag aan die mens herbestudeer en ons hedendaagse leefwyse evalueer ten opsigte van hierdie mandaat.
Kom ons kyk na hierdie Goddelike Skeppingsopdrag:
* Kom ons maak mens as ons verteenwoordiger, gesant, ambassadeur.
* Die mens word aangestel as die trustee/rentmeester van die Skepping.
* Die huwelik tussen man en vrou word ingestel as heilig.
As uitvloeisel van die huwelik moet Goddelike families die norm wees.
Ten eerste, vir wie verteenwoordig ons by die werk, kerk, gemeenskap en by die huis.
Tweedens, as trustee, gebruik ek die natuur, land/aarde, natuurlike hulpbronne tot uitbreiding van die Koninkryk van God of tot voordeel van my eie selfsugtige belange.
Derdens, is my huwelikslewe heilig, of vereenselwig ek my met die tendense van die wêreld.
Laastens, is “ek en my huis, ons sal die Here dien” my Goddelike standaard, of is die plesiere van die wêreld meer toeganklik vir my gesinslewe.
Ons moet die 50 dae tussen Lydensweek en Pinksterweek gebruik om ons verhouding met God te herstel.
DRIE GENERASIES (gesinne) moet voor God verskyn tydens hierdie 50 dae tydperk om hul verhouding met God te hernu en te verklaar.
Ons moet ons posisies as Koninkryks-ambassadeurs inneem om sodoende die buitelandse beleid van die Koninkryk aan die wêreld voor te hou.
As rentmeesters/trustees van die Skepping moet ons verantwoordelikheid en aanspreeklikheid aanvaar om ons posisies te gebruik om die Koninkryk van God uit te brei.
Ons moet ons huwelike in die hoogste heilige verhouding plaas om te dien as teenvoeter vir die valse huwelik wat deur satan ingestel en handhaaf wil word.
Ons moet Goddelike gesinne en families voorhou tot eer en verheerliking van God.
Enige persoon wat hierdie transformasie saam met my wil deurmaak, kan kontak maak by WhatsApp +27 76 330 6888.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie