Geknipte vlerke
PEET SKRYF:
’n Uitgediende sessitplek-vliegtuig het sy laaste landing op die speelparkie van Elisenheim gemaak.
So ’n briljante idee. Baie dankie!
Menige pa’s het saam met hul seuntjies binnne die stuurkajuit met hul hande op die stuurstange gesit en gedroom van ’n straler bo die wolke onder hul bekwame hande, eendag.
Die vliegtuig was volledig en skoon – talle metertjies, liggies en skakelaartjies het die werklikheid van menige droom aangewakker. Die leerbekleedsel en sitplekke, nog sag en silwerskoon het bygedra tot heerlike speeltyd by die parkie.
Maar soos met die Covid-pes wat almal onverwags gevang het, het die uiterste barbaarse pes van vandalisme in die kajuit sy kop uitgesteek. Onsigbaar – sonder aansiens des ras of geslag – seuns en dogters met klippe/stokke en ysters in hul hande het die geskenk getakel en binne ’n kort tydjie gereduseer tot ’n lee dop.
Flenters bekleedsel waai in die wind deur die gate waar daar eens vensters was. Stukke elektriese draad wat uit die dak hang, is die enigste aanduiding van verdwene liggies.
(Maar terloops, orals by die huise van hierdie kinders brand Kersliggies vir Jesus.)
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie