Genoeg was nog nooit goed genoeg
ANONIEM SKRYF:
Die gemeenskap van Hentiesbaai is baie bekommerd oor die ondergang van ons dorp, en wil die volgende van gekose raadslede en administratiewe amptenare weet.
Wat het die raadslede in vier jaar vir Hentiesbaai gedoen? (wat ontwikkeling betref)
Die onbevoegdheid van administratiewe amptenare en ’n gebrek aan betroubare leiers sal lei tot die ondergang van ons dorp (munisipaliteit na village).
Munisipale amptenare in bestuursposisies verdwyn soos groot spelde en ons belastingbetalers ly daaronder.
Die hoof uitvoerende beampte is nou agt maande by die huis met volle salaris.
Die ekonomiese ontwikkelingsbeampte is weg en die hoof van finansies is twee weke gelede huis toe gestuur.
Die hoof van menslike hulpbronne neem nou waar as?
Hoof uitvoerende beampte
Hoof van ekonomiese ontwikkeling
Hoof van finansies en sy weet nie waar sy aan of af is nie. Op Whatsapp het sy geskryf dat almal wat ’n huis het N$15 moet betaal per hond. Raak sy mal?
Hoekom is die raadslede bang om vir die gemeenskap vergaderings te hou?
Hoekom word ons nie die datums van raadsvergaderings gegee nie. Ek wonder of hulle dit hou en in watter taal?
Die 2024-’25-begroting is nog nie aan die gemeenskap voorgelê nie.
Hoe kan ons verhogings van water, vuilisverwydering net op ons rekeninge sien. (Reël vergadering en hoor ook die klagtes van mense).
Op 30 April 2024 se agenda is die volgende gemeenskapsvergadering geskeduleer vir 28 Augustus 2024 – Watter verskoning nou?
Raadslede is elke week uithuisig en eis reis- en verblyfkoste, maar wat hulle terugbring is ’n ronde nul. (Selfverryking)
Karibib wat ’n klein dorpie is kan ’n gala-dinner reël en N$1,2 miljoen insamel om vir die gemeenskap by te staan. Sien die raadslede of lees hulle nie koerante nie. Burgemeester moet dit reël en net nie wag wat munisipaliteit vir hom sal gee, praat van my vote. (Wie het hy daarmee gehelp?)
Raadslede word gekies om vir die mense te dien, na mense se probleme te luister. Sommige raadslede en adminstratiewe hoofde kom nie na gemeenskapsvergaderings toe nie.
Raadslede wat plekhouers is, of wat geld soek, u is by die verkeerde plek en u party moet u herroep.
MUNISIPALE AMPTENARE
Afdelingshoofde weet nie wat hul pligte is nie.
Familielede en vriende sonder kwalifikasies word aangestel en sommige word op langdiens bevorder.
Daar is werkers wat betaal word, terwyl hulle nie werk nie.
Byvoorbeeld.
Wat doen twee amptenare in kamer 2 (RedForce hanteer waterrekeninge).
Gesondheidsinspekteurs, die dorp is baie vuil. (Radio Damara/Nama self kom sien). Altwee is altyd net in ’n sedanvoertuig, maar kry ’n voertuigtoelaag.
Dame by toerismesentrum wat gebou is vir N$6 miljoen, wat nou ’n wit olifant is.
Hoekom tydelike werkers aanstel as permanente werkers ook nie hul werk doen nie?
Terwyl sekuriteitsmaatskappy munisipale gebou oppas was daar onlangs ’n inbraak, hoe betaal ’n mens so ’n maatskappy?
Munisipale werkers moet Maandag tot Vrydag hul werk doen, en nie wag vir Saterdag en Sondag om oortyd te eis nie.
Hoeveel petisies het ons as gemeenskap aan die burgemeester oorhandig, maar geen terugvoering gekry nie?
Hoeveel briewe het ons aan die minister van landelike ontwikkeling gerig, om die sake by hierdie munisipaliteit reg te ruk voor dit te laat is.
Dit is verkiesingsjaar, en volgende jaar soek ons nie een van huidige raadslede op die raad nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie