Gesaboteer en gefrustreer
ROOI OLIFANT SKRYF:
Ek volg graag nasionale nuus en vind dat Rehoboth en sy omringende dorpies darem klomp issues met munisipale dienste het wat van dag een af nie gelewer word nie.
Rommel, asdromme wat nie gereeld leeggemaak word nie, stofstrate, wateronderbrekings, straatligte buite werking, vuil drinkwater, verkeersligte buite werking, burgererwe wat aan ander bemaak word, verstopte dreine, ensomeer.
Dan het hulle ook 'n leierskrisis en geskiedenis van wie nou eintlik kaptein is of nie, nuwe huise wat maande leeg staan, nie-erkenning van kapteine en kapteinsrade, 'n skool wat afgebrand het, Reho Spa se opknapping en agteruitgang, endemiese polisiegeweld, vele knaende sosiale euwels, ensovoorts.
Dis duidelik dat die gemeenskap van Rehoboth metodies, konsekwent en doelgerig gesaboteer en frustreer word. Wie en wat sit daaragter? Daar moet indringend ondersoek ingestel, begin bid, herenig en iets daaraan gedoen word.
Rehobothers is meer as stemme en ondersteuners vir politieke partye en besighede. Hulle is ook Namibiërs en mense wat ontwikkeling, vooruitgang en voorspoed benodig. Gun hulle rus, geluk en vrede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie