Gesondheidsorg-dilemma
AKTUARIS SKRYF:
Die doel van ’n mediese fonds is om lede te help betaal aan onbeplande groot mediese uitgawes. Die bydraes is veronderstel om jou mediese uitgawes oor die langtermyn te dek. Die fonds is groot genoeg om alle lede se uitgawes te dek, omdat nie almal op dieselfde tydstip ’n groot mediese uitgawe aangaan nie.
Die vraag is, hoekom gaan dinge verkeerd? Na my mening is daar vier hoofoorsake:
1. Die gedrag van lede. Lede betaal ’n aansienlike maandelikse bedrag om lid te wees van ’n mediese fonds. Lede wil waarde vir geld hê – met die gevolg dat lede nie twee keer dink om dokter toe te gaan nie. Die apteker kan in baie gevalle ’n baie gerieflike en kostedoeltreffende alternatief wees.
2. Die gedrag van dokters. As ’n dokter weet jy is op ’n mediese fonds, dan “loop die lys van toetse vir bladsye”. Die mediese fonds betaal mos. Uit ’n beperkte pot geld – so die pot moet groter en die bydraes moet hoër. Ek is al self hierdeur en my fonds het nie betaal nie!
3. Mediese nalatigheid. Hierdie is omstrede. Ek weet van gevalle in Suid-Afrika waar mediese fondse wel vir ’n tweede operasie betaal het, maar ek is ook bewus van gevalle waar mediese fondse nie meer vir operasies betaal waar mediese nalatigheid ter sprake is nie. Dit mag dalk wees dat die betaal van ’n tweede operasie ’n funksie is van die erns van die nalatigheid. Ek is bewus dat Discovery in Suid-Afrika in ’n stadium daaraan gedink het om mediese nalatigheid aan te vat deur die howe, maar hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat dit te duur sal wees.
4. Die reguleerder. Die minimum voordele wat ’n fonds moet verskaf maak dat die waarskynlikheid van ’n eis groter word, dus moet die fonds daarvoor voorsiening maak deur verhoogde bydraes. In Suid-Afrika verhoog dit bydraes met omtrent R900 per maand. Dan help dit ook nie as die reguleerder inmeng en ’n beperking op verhogings plaas nie.
Dan is daar drie sekondêre bydraende faktore tot hoër bydraes:
1. Aantal lede. Hoe kleiner die ledetal, hoe hoër die bydraes om die fonds groot genoeg te hou om volhoubaar te wees en om administratiewe onkostes te dek. Tegnologie het nie oor tyd gemaak dat administrasie goedkoper word nie.
2. Administratiewe onkostes. Soos genoem, het tegnologie nie gehelp om administratiewe onkostes te verminder nie.
3. Algemene mediese kostes. Al die toerusting vir toetse en medisyne het net baie duur geword. Almal will ’n opbrengs op kapitaal sien wat gebruik is om toerusting en medisyne te ontwikkel.
Ten laaste wil ek illustreer hoe mediese onkostes opgegaan het. Ek het op ’n betaalstrokie van my pa afgekom wat uit 1976 dateer. Hy het R600 per maand verdien en sy mediese bydrae was R10 per maand vir vier van ons. Toegegee, mediese fondse het toe anders gelyk – ek dink daar was ’n bybetaling van 20% op alle uitgawes en vergoeding was nie uitgedruk as ’n totale onkoste vir die werkgewer nie. Ek weet nie of die maatskappy in 1976 ook ’n bydrae gemaak het tot die mediese fonds nie. Ek betaal nie 1,5% van my inkomste aan ’n mediese fonds nie – en ek is net een persoon!
Ek weet nie wat die oplossing is nie – mediese fondse is nie daar om bekostigbare mediese versorging te verskaf nie. Die bekostigbaarheid lê by die verskaffers.
Ongelukkig is dit die ouer garde wat die swaarste gaan kry – hulle kan nie meer voorsiening maak vir toekomstige mediese uitgawes nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie