Groot kommer oor planne
ANONIEM SKRYF:
Daar heers groot kommer onder die Rehoboth Basters, oor die onlangse samesprekinge van kaptein Britz met adjunk- eerste minister Nandi-Ndaitwah, om die Basters ’n tradionele owerheid te maak, in die Namibiese konteks. Met alle respek aan die kaptein en sy raad, is die Bastergemeente nie in die saak geken nie en die groot vrees is nou dat dit ’n tweede Wet 56 sal wees wat bykans al hul regte laat verloor het en waar Bastergemeente-grond en vaderlike wette in Wet 56 geïnkorporeer was.
Dit laat ons ook terugdink aan die 1923 ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse regering, toe die meerderheid Basters teen die ooreenkoms was, en die kaptein en raad toe na die minderheid geluister het en die ooreenkoms aanvaar het met bitter nagevolge vir omgeveer 50 jaar.
Ons kan dit verder vat, dat met die aanvaarding van Wet 56 in 1976 deur die kaptein en sy raad, toe is die Bastergemeente ook nie in die saak geken nie, en is voor die tyd geen vergadering gehou met die Bastergemeente vir toestemming om te onderhandel vir Wet 56 nie, maar in plaas daarvan het die kaptein en sy raad eensydig 2 000 handtekeninge onder die Basters blindelings ingesamel en aan die voormalige Suid-Afrikaanse president John Voster gaan gee om Wet 56 vinnig deur te sit.
In albei gevalle van 1923 en 1976 het die Basters toe grond en ander regte verloor en ons weet nie wat hulle hierdie keer gaan verloor, as hulle ’n tradisionele owerheid in die Namibiese konteks sou word nie, wat uiters beperkte magte het, soos om slegs te deel met klein dinge soos dwelmmisbruik in die gemeenskap, ’n rede hoekom kaptein John McNab dit destyds verwerp het.
So die kaptein en raad moet ’n volksvergadering uitroep en die Basters inlig wat hulle voordele en nadele sou wees as hulle ’n tradisionele owerheid in die Namibiese konteks sou word, en wat die gevolge sal wees siende die bitter nagevolge van die hofuitsprake oor Wet 56 in die 1990’s.
Hy moet ook toestemming by die Basters vra of hy mag onderhandel met die Namibiese regering vir ’n Namibiese tradionele owerheid met uiters beperkte magte soos om te deel met dwelmmisbruik.
Om dinge eensydig te doen soos in 1923 en 1976 sal nie werk nie, en die Bastergemeente moet aangemoedig word om die Namibiese Tradisionele Owerheidswet van 2000 te lees, sodat ’n gesonde debat kan begin onder die Basters vir hulle toekoms.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie