Grot by die berg van die slapende babas
JAN BEHR SKRYF:Hierdie keer deel ek foto’s van die sogenaamde Etoto-krater, net suid van die Etoto-nedersetting, sowat 25 kilometer suidwes van die Ruacana-valle.
Die krater word ook “berg van die slapende babas” genoem. Op Google Earth lyk dit soos die buik van ‘n swanger vrou, met tweelingbabas binne-in.
Ek verstaan die berg se naam bestaan van lank voor ons die luukse van satelietbeelde gehad het.
Daar is aan my vertel dat dit glo heilige grafte van die Ovahimba-mense was. Op my ekspedisie na die geweste het ek die grot gevind.
Aanvanklik is gedink dit is mensgemaak, maar by nadere inspeksie lyk dit of die natuur dit gevorm het. Anders as ander grotte in waterryke gebiede, is dit blykbaar deur lawa en vulkaniese gasse gevorm.
In die gebied is verskeie plekke waar gas uit die aarde ontsnap het. Daar is geen tekens, tekeninge of gravures wat aandui dat mense ooit in die grotte gewoon het.
Die swart merke is stalagtiete van rotshase se urine. Die langste is langer as ‘n meter.
Dit moes oor honderde jare gevorm het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie