Herontdekking van skatte
DIONÉ ADJANI IZAKS SKRYF:
Presies twee dae voor die aanbreek van ’n nuwe jaar word ek taamlik skielik op ’n blitsvinnige ontdekkingreis terug na my kinderdae vervoer. Dis darem maar net onverklaarbaar hoe sekere onbeplande bymekaarkom geleenthede en gesprekke met familie en vriende ’n onvergeetlike impak van nostalgie en verlange in die geheue kan oproep en jou op ’n reis meevoer van dit wat eens was - ’n ontdekkingsreis van ouds.
Dit was my ondervinding die laaste Vrydagaand van 2023 aan tafel op ’n stoep. ’n Warm aand. ’n Desemberaand, wagtend op die vooruitsigte van ’n nuwe jaar en wat dit moontlik kan inhou. Gedurende die kuier deel ’n kennis oftewel ’n vriend sekere staaltjies en gebeurtenisse van sy kinderdae met my.
Ek hang behoorlik aan sy lippe soos hy van die goeie, asook bittersoet oomblikke van sy opgroeijare praat wat steeds kenmerkend diep binne hom geanker is. Dis soos ’n skyfievertoning wat voor my afspeel. Sy stories roer my en inteendeel ontlok hy aansienlik geborge aspekte en herinneringe van my grootwordjare met sy gesprek.
Soos hy vertel van sy opgroeijare word ek meegevoer na oomblikke van my kinderdae en skielik verlang ek na Saterdaeoggende se dorpuitstappies na Kaiserstraat wat namiddae afgesluit is met Western Suburbs-rugbywedstryde, knap teen die Gammamsrivier.
Hy hou aan met praat en skielik is daar ’n onbeskryflike naargevoel van heimwee hier binne my en ek besef toe dat ek nes hy waarskynlik dieselfde herinneringe herberg. Dat ons heel moontlik dieselfde roetes gestap het en klaarblyklik dieselfde mense op ons reise ontmoet het. Verskillende tye en in ’n ander konteks. Ons kon saampraat oor soortgelykke ervarings en ek kon net luister oor die dinge wat hy alreeds op sy reis meegemaak het.
Die kuier kom vinnig tot 'n einde, maar voordat die nag ons groet, gaan wys hy my sy ouerhuis en die prentjie wat hy vroeër aan tafel geskets het kry lewe. Hy ry met my deur die stil strate, dis immers Desember en wys na huise waar families destyds gewoon het. En soos hy sy vinger uitstrek na die huise, beklemtoon hy die name van groot geeste wie se reis alreeds tot ’n einde gekom het.
My oë skiet vol trane en my hart loop oor van dankbaarheid, wetend dat my reis ook maar net geleende tyd is, en dat dit binne ’n oogwink ook tot ’n einde kan kom.
Mag die soet en die mooi oomblikke van ouds weer in jou geheue opgeroep word en vertrou dat 2024 jou op ’n avontuurlustige, onbeplande ontdekkingsreis gaan neem waar jy die geleentheid gebied word om die versteekte skatte van jouself en jou medemens op jou reis te kan ontdek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie