No Image Caption

Hoe verstaan mens dit?

MANIE VAN BETHANIE SKRYF:

Eerstens na aanleiding van die berigte in Woensdag 10 Augustus se Republikein waarin berig word van die muise en algemene toestand van die staatshospitale in die land en dan in dieselfde koerant waarin vermeld word dat die Ministry of Health nou weer besig is om ’n veldtog te loods om meer kinders teen Covid-19 in te ent, wonder ek regtig waar mense hul vermoë verloor het om logies te dink of is daar meer agter hierdie veldtogte as waarvan ons bewus is?

Dink die Saving Lives and Livelihoods-inisiatief regtig dat die mense in Namibië, waarvan slegs 26% van die volwassenes, hulle laat inent het nou skielik hul kinders in hordes gaan aandra om inge-ent te word? Dink hulle regtig nog dat hulle ons mense gaan oortuig dat jy kudde-immuniteit teen Covid-19 kan bewerkstellig en oordrag kan verminder deur massa-inenting?

Dit is sulke oningeligte uitsprake wat maak dat die publiek nie meer die Ministry of Health verder vertrou nie en dan ook hul kinders weerhou van die broodnodige inentings teen gevaarlike siektes soos polio en masels (iemand wat nog steeds hierdie tipe virusse wil vergelyk met Covid-19 weet beslis nie waarvan hulle praat nie).

As ek vinnig ’n berekening maak van die koste van die 89 220 Covid-19-dosisse wat reeds weer by die sentrale mediese store afgelewer is, dan kom ek by ’n allemintige bedrag van N$62 000 000 uit. Hoekom sal ons hierdie bedrag aan ’n entstof bestee, wat geen voordeel vir kinders inhou as ons na die “risk-benefit” faktor kyk, terwyl ons staatshospitale verval en deur muise oorgeneem word? Hoeveel mense gaan indirek dood as gevolg van hierdie toestand in die staatshospitale? Dit, terwyl daar reeds derduidende dosisse verval het, omdat dit nie opgeneem was nie en vernietig moes word.

Tweedens was ek onlangs vir twee weke in Amerika en was met derduidsende mense in aanraking in die moltreine, vliegtuie en openbare plekke terwyl die hoogs aansteeklike BA5-variant daar in omloop was. Met my aankoms by die lughawe in Windhoek word ek met my Namibiese paspoort net deurgewys en het geen bewys nodig gehad van inenting of ’n PCR-toets nie, terwyl my buitelandse vriend (langs wie ek in die vliegtuig gesit het vir die afgelope 24 uur) deeglike bewys moet lewer van inenting of ’n PCR-toets.

Watter groter risiko kan sy buitelandse paspoort vir die Namibiese bevolking inhou?

Bogenoemde logika gaan my ou verstandjie regtig ver te bowe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!