Hoekom so baie kinders op straat tydens skoolure?
ROOI OLIFANT SKRYF:
Gister, 23 Maart 2022 omstreeks tienuur, sien ek vier seuns van ‘n skool 'n jong vroulike voetganger seksueel teister.
Dit was duidelik dat twee van hulle haar wou beroof, maar gelukkig vir haar was ek en 'n vriend daar naby om hulle te verwilder.
Voor daardie saga kry ons talle leerders van twee ander hoërskole en ‘n primêre skool iewers heen op pad. 'n Paar meisies van die een hoërskool staan onder 'n boom voor die primêre skool.
Hierdie is die daaglikse tonele in Khomasdal - kinders wat klastyd doelloos en lusteloos ronddrentel, voor winkels en kroeë kuier, en in speelparke en rivierbeddings met kattekwaad besig is.
In die lig van die onlangse verbod op skorsing van leerlinge oor banale dinge soos haarstyle en skooldrag, noop die bovermelde snaaksighede 'n reeks vrae.
Hoekom is daar daagliks so baie kinders buite op straat gedurende lestyd? Wat het van dissipline by Khomasdalse skole geword? Weet ouers dat hul kinders in skooltyd buite is?
Wanneer skole leerlinge huis toe stuur, word hul veiligheid en reg op opvoeding in ag geneem? Is die wegstuur en skorsing van leerders die enigste dissiplêre maatreël nou dat lyfstraf taboe is? Weet die inspekteurs en direkteur van opvoeding van hierdie dinge?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie