Hofuitslag van LGBTQ
JAN ALLEMAN SKRYF:
Wat bepaal die identiteit van ’n volk/nasie? Is dit hul etnisiteit, hul taal, of dalk hul plek van geboorte? Kultuur is die enigste faktor wat ’n volk/nasie se identiteit kan bepaal, want jou kultuur is so-by-so jou waardes. Jou waardes bepaal wat as reg en wat as verkeerd beskou word, jou kultuur bepaal wat as reg en wat as verkeerd beskou word. Nou ja, daar is ’n korrelasie met ’n volk se kultuur en hul etnisiteit, maar natuurlik sou daar wees: vat enige volk met ’n diverse etnisiteit en ’n enkele kultuur en gee hulle ’n paar honderd jaar. Jy sal ’n korrelasie tussen kultuur en etnisiteit op die ou einde kry, want etnisiteit verenig onder ’n enkele kultuur. Etnisiteit agtervolg kultuur. Dit is ’n fout om identiteit volgens etnisiteit te bepaal. Dit is ook ’n fout om te glo dat alle mense dieselfde is, dat kultuur nie bestaan nie. Dit is ’n fout. Is Namibië ’n volk, of is dit ’n unie? As ons nie kultuur erken en daarmee reken nie, word alle kulture se lewenswyse en vryhede belemmer deur konflik. Die keuses wat ’n demokrasie maak, is in sy natuur gegrond op die kultuur/waardes van die mense in daardie demokrasie. Watter kultuur in ons klein unie stem ooreen met hierdie nuwe LGBTQ -waardes, en wat kom nou nog volgende? Ons word gesê om inklusief te wees; om vryhede toe te laat wat teen ons waardes gaan. Ons word gesê, dat ons net op grond van ons etnisiteit verskil. Ons word gesê om net ras te sien, sodat die Anglosfeer hulle waardes op ons kan afpak. Ons word in ’n sekere rigting gelei, omdat nie een van ons namens alle Namibiërs kan praat nie. Ons word aan die neus gelei! Hoort Namibië nie eerder ’n federasie te wees nie – waar elke kultuur hul eie vryhede kan kies volgens hul eie waardes?
Ons kan tog saamstem om nie saam te stem nie. Ons kan tog mekaar erken, en mekaar se vryhede erken. Vryhede volgens jou kultuur se waardes!
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie