Homo sapiens met superieure ‘gawes’
Ons, die primaatspesie waartoe die moderne mens behoort, is na bewering die intelligentste onder al die spesies op aarde, met ’n hoogs ontwikkelde brein en denkvermoë.
Tog is dit soms moeilik om te glo as ons gedrag en denke onder die vergrootglas geplaas word.
Dit is nou – hoe kan ek dit stel – wanneer ons domdinge doen.
Wanneer dit gebeur, is ons gewoonlik verleë oor ons eie dwaasheid en probeer dit vinnig regstel, of ons hoop en bid dat niemand ons gesien het nie. Maar dis niks om oor bekommerd te wees nie, dit gebeur met die beste van ons.
Gewoonlik lei dié skreeusnaakse staaltjies tot ’n oneindige geterg; dis nou ás iemand jou gesien het, of jy kry ’n breinfloute en vertel iemand daarvan. Dit is wat gewoonlik met my gebeur. Ek het nog nie geleer om stil te bly nie.
Klink die volgende dalk bekend?
Jy druk die hysbak se knoppie verskeie kere wanneer iemand of nog erger, jy dit self reeds gedruk het; verfris die rekenaarskerm al weet jy dit sal niks help nie, of jy praat met jou rekenaarskerm en vra dit om vinniger te werk; of jy bel iemand en dan vergeet jy wat jy wou sê, of jy bel iemand en begin soek dan paniekerig na jou foon.
Ek sal nou nie sê hoeveel keer ek al van dié domdinge gedoen het nie.
Google het my met nog ’n paar idees gehelp.
Het jy al die volgende gedoen? Jy probeer om uit ’n bottel te drink terwyl die doppie nog op is; gooi die sjokolade in die asblik in plaas van die omhulsel; eet besonders warm kos – met die wete dat dit kokend is – en blaas dan stoom (rook) uit jou mond soos ’n draak.
Of my gunsteling, om in ’n kamer in te stap en te vergeet wat jy wou doen. Ek is nogal geneig om dit te doen. Dan draai ek net om, loop ’n paar tree weg en dan soos “magic” onthou ek wat ek wou doen.
Nóg ’n gunsteling is om uit jou kar te wil klim met jou veiligheidsgordel aan. Ek het al ’n paar keer die kar amper laat omval, of so het dit gevoel.
Of om aan iets warm te raak, selfs nadat jy gesê het dit is warm en dan skel jy almal behalwe jouself.
Ek weet nie of die jonger geslag met al hul tegnologie dit al oorgekom het nie, maar ek moet bieg dit het al met my gebeur.
Om jou oorfone in te sit en vir die musiek te wag, net om doodse stilte te hoor. Na ’n rukkie besef jy jy het nooit “Play” gedruk nie, of jy staan op met jou oorfone steeds aan ’n toestel gekoppel. Ek het al menigte male ’n selfoon op dié manier deur die lug laat vlieg.
Daar is nog talle sulke voorbeelde, soos wanneer jy vir iemand waai net om te besef dis nie wie jy gedink het dit is nie, of jy sê “Jy ook”, wanneer die kelner by ’n restaurant vir jou sê om jou maaltyd te geniet.
En diegene wat sê hulle maak hulle nie skuldig aan enige “domgedrag” nie, ek glo jou. . . of dalk nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie