Honde die dorp vol
ANONIEM SKRYF:
Daar is werklik ’n reuseprobleem (krisis) met straathonde in Swakopmund.
Dit wil ook voorkom asof Platz Am Meer-winkelsentrum die “stortingsterrein” geword het vir ongewenste diere. Ons sien ten minste twee tot drie nuwe weggooi- of dan straathonde per week in Platz se parkeerarea (onder). Die stomme diere is so verward en hardloop rond opsoek na kos.
Dit is tog so dat veral ’n hond sal bly rondhang waar hy gelos word, dan nie? Mens kry die indruk die honde is daar gelos, want hulle verlaat nie die terrein nie, hoewel hul nog nooit voorheen daar voorgekom het nie. Mens kry hulle geweldig jammer, maar die honde laat jou nie toe om naby hulle te kom nie. Hulle is verward en sommige is mens-sku.
Dit is egter nie net by die Platz-winkelsentrum waar dit nou voorkom (of meer voorkom) nie. Die getalle straathonde neem oral toe. Swakopmund se hoofstraat in die stad het dikwels honde wat voor motors inhardloop. Die meeste is brandmaer en soog. Dit is ’n geweldige bekommernis vir mense soos ons wat omgee vir diere, maar ook verstaan dat dit ’n groter probleem is.
Dit word ’n toenemende krisis wat niemand behoort te ignoreer nie!
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie