Hostelbrande en swak skoolgeboue
ROOI OLIFANT SKRYF:
Skoolhostelbrande en periodieke beskadiging van skole deur sterk rukwinde neem die afgelope paar jaar toe. Tog geniet hierdie nasionale pandemie wat die staat miljoene kos, nie die nodige aandag wat dit verdien nie. Wat is die oorsake van hostelbrande en swak skoolgeboue, en wie behoort verantwooordelik gehou te word?
Om net drie onlangse voorbeelde te noem, het daar al ’n onverklaarbare koshuisbrand by Ella du Plessis Hoërskool in Windhoek, Ernst Jagger Hoërskool op Karasburg en Rehoboth Hoërskool plaasgevind. Op Keetmanshoop en Okakarara was daar onlangs skades wat deur reënwind veroorsaak is. Ten spyte van hierdie nasionale verliese en skades met gepaardgaande onnodige uitgawes waarvoor die belastingbetaler boet, ag die ministeries van onderwys en van werke dit nie as dringend en nodig om betyds terugvoer aan die volk ten opsigte van hul ondersoeke, oorsake, gevolge, impakte, voorsorgmaatreëls, oplossings, rehabilitasie, hersteltydperke en meegaande onkostes te verskaf nie.
Terwyl gemeenskappe en die privaatsektor soms saamstaan om skoolhostels en skole op te knap soos by ’n laerskool in die Namib in November 2023, rus die primêre verantwoordelikheid van instandhouding en herstel van koshuise en skole op die regering se skouers, maar wat ontduik word.
Getrou aan die tragiese Namibiese media se styl van joernalistiek wat hoofsaaklik op gebeurtenisse fokus, eindig beriggewing van hierdie brande en skades deur elemente daar, en ontvang die volk maar min werklike terugvoer in verband met die bogenoemde faktore. Niemand in die pers let dan eens op dat kindersterftes in die pre-adolesente ouderdomsgroep hierdie somer toegeneem het nie.
Wanneer skoolkoshuise afbrand en beskadiging deur die elemente plaasvind, vra niemand of daar dalk eenderse skakels tussen hulle soos ou verslete geboue en bedradings, swak instandhouding en opknappingswerk, powere bougehalte, lollery met en verkeerde aanwending van elektriese bedradings, of bewoners in kamers kook en hoekom, of hulle daarin rook, en powere toesig, ensovoorts, is nie.
Dit kom byvoorbeeld aan die lig, dat kos by sommige koshuise gerantsoen en selfs deur komhuispersoneel geprivatiseer word, wat daartoe lei dat leerders honger ly en gedwing word om onwettig in hul kamers kos te kook. In ander gevalle ontvang die kinders kos in hul hande en eet direk vanaf eetsaaltafels wat hoegenaamd onhigiënies is. Dit dwing leerders om alternatiewe planne te maak wat tot brande mag lei en hul lewens in verdere gevaar stel.
Waar is die toesig van skoolhoofde, superintendente, matrones en regeringslui en gereelde besoeke deur ouers en inspekteurs van onderwys, werke en gesondheid om kinders se veiligheid vas te stel en by hierdie skole te verseker?
Nadat ’n brand en of skades deur die elemente plaasvind en aangemeld word, neem die herstel van hostels en skole baie lank wat leerders verontrief en lering en dissipline strem, maar niemand is regtig daarmee gepla nie, nie eens gemeenskapslede nie. Het dié ministeries dan nie beplanning, versekering op regeringseiendom en gebeurlikheidsfondse nie?
Periodieke onverklaarbare winkelbrande op Keetmanshoop is ’n ander snaakse verkynsel wat hoogs verdag is, maar niemand, insluitend die polisie, brandweerdiens, versekeringsmaatskappye, die kamer van handel, plaaslike munisipaliteit en gemeenskap vra vrae wat antwoorde vereis nie. Wat gaan aan? Besef niemand dan, dat die hele gemeenskap, privatesektor en die plaaslike en nasionale ekonomie daardeur negatief geaffekteer word nie?
Daar is ’n groot behoefte vir omvattende etiese ondersoeke in hierdie toenemende bevraagtekende voorvalle. Die behoefte is nog groter dat alle sleutelbesluitnemers hul sokkies moet optrek voordat ons almal met huis en haard en heimat en al in ligte laaie opgaan tot vermaak van hartvogtige honde en hekse wat sieklike plesier en voordeel daaruit put en selfs met kinders se lewens dobbel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie