Hulde aan Jacob die donkie
JURIE VILJOEN SKRYF:
Ek het vanoggend in die koerant [Donderdag 14 September] gesien van Jacob wat deur die kinders van die nag (diewe en inbrekers) gesteel en waarskynlik ’n wrede en onbetreurde dood gesterf het.
Jacob, afstammeling van Ampie se rydonkie wat met sy “stoere, kromme wil, stadig gestap het en geduldig geswoeg het, geswerf het, en tog stil geswyg het en gedien het deur vee op te pas”.
Die donkie word deur A.G. Visser beskryf as “ruig van haar en lank van ore, skor van stem en sonder sier, ’n spotprent van ’n eedler dier” wat sy lewe lank ’n goeie diens verrig het.
Dan onthou ons toe hosannas bly geklink het, triomfanklik aan ’n vors, en ’n pronktuig, skoon geblink het, aan sy ryk versierde bors, want aan hom was die eer beskore om die hoogste las te dra.
Terug na die huidige Jacob, ons is jammer dat ’n getroue dier, skelms ten prooi moes val. Ons hoop dat hierdie getroue dier se vleis wraak sal neem op die ingewande van ’n skelm en dat verskeie “muilskoppe” sy spysvertering sal teister.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie