Briewe
Briewe

Hulde aan mnr. Danie Opperman

Mandy Rittmann
JURIE VILJOEN SKRYF:

Oom Danie Opperman word vandag, 16 Julie, ter ruste gelê in Kleinmond, Suid-Afrika.

Oom Danie sal onthou word as ’n toegewyde onderwysmens en was onder andere skoolhoof van Wennie du Plessis op Gobabis en is daarna aangestel as direkteur van onderwys.

Hy het sy pad as onderwyser, skoolhoof en direkteur met toewyding gevolg. Sy liefde vir sy taal en kultuur was kenmerkend van sy loopbaan.

Oom Danie is in Angola gebore en het as jong man saam met die Dorslandtrekkers in 1928-’29 deur Swartbooisdrift Suidwes-Afrika binnegetrek, en met dieselfde drif en toegewydheid sy pad in die nuwe land geloop. Hy was ook die langslewende afstammeling van hierdie mense, en ’n mens kon deur sy hele lewe sien van watter stoffasie hy gemaak is.

Oom Danie het ná sy aftrede na Kleinmond verhuis en is op 98-jarige leeftyd oorlede. Die wat hom belewe het as skoolhoof en direkteur van onderwys sal saamstem dat hy deur sy hele lewe ’n navolgenswaardige persoon was vir wie gewildheid nie ’n prioriteit was nie, maar die doeltreffendheid van sy beroep en as mens wat oral ’n belangrike bydrae gelewer het.

Ek wil graag namens almal wat hom beleef het in die onderwys en in sy lewenswandel as mens, met onwrikbare waardes hulde bring aan oom Danie Opperman.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!