Hulde aan ’n onderwysman
JURIE VILJOEN SKRYF:
Ek wil hiermee hulde bring aan mnr. Jannie Visser wat Woensdag in Windhoek oorlede is.
Mnr. Visser was onder andere skoolhoof en hy was die laaste direkteur van die voormalige onderwys vir blankes.
Hy was weens sy bekwaamheid en goeie menseverhoudinge gerespekteer deur elke lid van die onderwys. Onder sy bekwame leiding het hierdie deel van die onderwys oorgeskakel na “doelwit-bestuur” waar elke onderwyser en die topbestuur van die skool jaarliks haalbare doelwitte moes opstel.
Dit het nie net die onderwysstelsel doeltreffend gemaak nie, maar nuwe inisiatiewe in die hand gewerk. Ook op sportgebied het sy motivering tot goeie prestasies gelei.
Mnr. Visser was ‘n wel gerespekteerde persoon, wat alles feil gehad het vir sy taal, kultuur en het sy beginsels op alle terreine uitgeleef.
Ons eer sy nagedagtenis.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie