No Image Caption

Huldeblyk aan ’n groot onderwysman

JURIE VILJOEN SKRYF:

Ek wil graag namens die onderwyssektor hulde bring aan nog ’n onderwysman wat diep spore in die onderwys en in verskeie gemeenskappe getrap het.

Mnr. Hendrik van Schalkwyk is hierdie week ná ’n lang siekbed oorlede.

Hy was in lewe onderwyser in Swakopmund, Tsumeb en Keetmanshoop waarna hy met bevordering verskuif het na die onderwyshoofkantoor in Windhoek as inspekteur.

Mnr. van Schalkwyk het in onderskeie skoolgemeenskappe ’n leidende rol gespeel en op hoofkantoor het hy hoofsaaklik koshuissake hanteer soos die implementering van die nuwe koshuiskode. Hy het die nuwe koshuiskode vir die land saamgestel wat gekonsentreer het op die hantering van die verskillende kulture wat na onafhanklikwording noodsaaklik was.

Hy was in die onderwys bekend vir sy toegewydheid waarmee hy sake op akademiese gebied hanteer het en in sportkringe. Hy was ook betrokke by die opleiding van onderwysers in die noordelike onderwysgebiede.

Mnr. van Schalkwyk se troosdiens is op Vrydag 6 September 2024 om 10:00 uit die Windhoek-Oos NG- gemeente.

Ons eer sy nagedagtenis.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!