Huldeblyk aan Dr. Hage Geingob
JURIE VILJOEN SKRYF:
Ek wil graag hulde bring aan die ontslape president van Namibië. Ek het hom in die parlement leer ken as die GROOT man wat deur almal respekteer is. Sy plek in die parlement is leeg en sy stem in Staatshuis is stil.
Ek het ’n behoefte om vir hom ’n ruiker te gee. Dit is nie ’n ruiker wat jy kan omsit in Namibiese dollar nie. Dr. Hage Geingob is gebore in hierdie land en op hierdie grond het hy groot geword en was almal dit eens toe hy as staatspresident van Namibië verkies is.
Die ruiker is in die bodem van Namibië geanker, waaruit hy sy vog en vrugbaarheid trek. Die ruiker staan op die hoek van Desire Kabilastraat en Robert Mugabe-rylaan. Hierdie Soetdoringboom is oortrek van ’n geel blommeprag en mag ek sonder om verwaand te wees elke blommetjie namens ’n inwoner opdra aan sy edele dr. Hage Geingob.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie