No Image Caption

Ietsie-bikini

P. J. VENTER (SNR) SKRYF:

Met goedkeurende kopknikke en in blye afwagting begroet party Hentiesbaaiers seker die nuus van ’n ontkleeklub in hul dorp.

Skynbaar is beswaardes min en oorverdowend stil – insluitend ook die onderskeie Christelike denominasies. Oupas en oumas, ooms en tannies, sowel as pa’s en ma’s is tevrede, dat dit net volwasse ontspanning sal wees.

Vergeet tog byvoorbeeld vir eers van die huidige ontploffing in tienerswangerskappe regoor Namibië.

Almal se Covid-skrik is ook oor. So vining soos dit gekom het, nog vinniger het dit verdwyn. Halleluja!

In dié tyd het glimlagge verwelk en plek gemaak vir snesies en hartseer. Nou’s ons weer reg om opgekikker te word.

Vrolike, vroulike ietsie-bikini en/of kaal lywe sal mens weer laat lag en woema in die lendene gee.

Wat is u reaksie, geskok/verheug/bedroef/net swyg?

Diegene wat êrens nog ’n Bybel het, moet die Boodskap van waarheid dringend ter hand en ter harte neem. Dis Gods Woord en is tans beslis op 2022 en vorentoe van toepassing.

Sensuele genot soos al dié van ’n seksuele aard, word verdoem as óf gruwels óf verfoeisels. Die sekulêre groenlig in Namibië se konstitusie help dat hierdie ontkleeklub ’n werklikheid gaan word.

Besluit self of u wil onderskei tussen lig en duisternis.

Raak betrokke.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!