Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Instandhouding van NWR se kuskantoor

Mandy Rittmann
KARNATIE SKRYF:

Kyk, almal weet dat die land se parke nie so lekker meer bestuur word nie. Orals in die parke lê lui en onbevoegde personeel rond, wat nie te entoesiasties vir hul werk is nie. Hulle salarisse en verblyf word in elk geval betaal, so waaroor moet hulle dan bekommerd wees? Dis mos die modus operandi van die regering ook. Te veel salarisse word betaal vir onbevoegde, onentoesiastiese personeel. Van basiese onderhoud van staatsbates is geen sprake nie. Die ergste van alles is, sou iemand besluit om iets te probeer herstel, dan word die herstelwerk ook aan “regstellende kontrakteurs” gegee wat ook nie die kwalifikasies of ondervinding het nie, en erger nog, nie die ondervinding of gereedskap het om die werk te doen nie, en daarom kry hy dan ’n voorskot om die regte gereedskap te bekom, maar wat weet die kantoormense dan nou ook, en male sonder tal word ’n bakkie aangekoop met die geld en die werk word of oorhaastig afgejaag, of die paaiemente op die bakkie raak te rof en dan verdwyn hulle maar eerder van die werk af, en die werk bly staan so, onherstel. Kyk rondom jouself en jy sal baie voorbeelde sien van wat ek praat!

Salig sit ek laasweek in Swakopmund op straat en wag vir die vrou by die tandarts, doer naby die Woermanhuis, so skuins regoor die NWR se kantore wat in een van die oudste historiese huise gehuisves word. En daar slaat die skok my op my nugter maag: Die huis se velle-dak is halfpad afgewaai en hang sommer so rond op die dak. Die velle lyk nogal redelik onlangs nog en duidelik het die oosweer daai velle losgetorring en afgewaai. Ooswind? Dis amper Paasnaweek en hierdie jaar se ooswind sal een van die dae sy warm asem om ons roer. So, moet ons aanneem die NWR is te lui of onbevoeg om die dak se velle te verwyder en te vervang in ’n hele jaar? Dis ’n pragtige ou Duitse huis en deel van Swakopmund se besonderheid. Vir die NWR duidelik is onderhoud nie ’n prioriteit nie! Kyk na al sy kampe langs die see, die vuilheid van baie van sy fasiliteite orals, en ons wonder hoe lank dit nog so kan aangaan?

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!