Is ons tevrede met die krummels?
ERNST HASHAGEN SKRYF:
Twee en dertig jaar is ons polities onafhanklik. Jare waartydens in die land vrede geheers het. Daarvoor ons almal seker baie dankbaar.
Weereens is ons met dieselfde toespraak, waarna ons gewoonlik by sulke geleenthede moet luister, oorspoel. Dit is nie verkeerd om die helde van die verlede te vereer nie, maar wat van vandag se helde?
Eenduisend mense uit die politiek en sakewêreld is genooi en met ’n feesmaal in ’n groot wit tent beloon. Hierdie bevoorregte gaste kan dit bekostig om elke dag drie maaltye te geniet.
Die gewone Namibiese burger het maar buite gewag en dan ook ’n ietsie om te eet en drink ontvang.
Die regering het ’n gulde geleentheid gehad en dit nie gebruik nie. Die president het in sy toespraak aan die begin van die jaar, dit die jaar van “reimaging” genoem. In sy begrotingstoespraak het minister Shiimi dit weer beklemtoon: ”Reimaging, a better future for the youth”.
Hoekom is die jeug, waarvan ongelukkig baie werkloos is, nie genooi nie? Huidige helde, entrepreneurs, sportpresteerders en nog baie meer, kon as sprekers optree. Vyftig BBP's kon genooi word en 950 kaartjies kon onder die jeug verdeel word. Sprekers, gekies uit die jeug, kon optree.
Ons moet ook ekonomies onafhanklik word en dit is juis die jeug wat moet help. Was dit nie ’n geleentheid om die jeug aan te moedig nie? Wat hou die toekoms in vir jong mense met universiteitsgrade wat huidiglik werkloos is?
Hulle kon ingelig word hoekom 100 miljoen Namibiese dollar onder slegs drie mense (een nogal ’n buitelander) verdeel is. Die geval van Namdia is 'n voorbeeld hoe buitelanders baie winsgewende opdragte ontvang en Namibiese burgers maar met die krummels tevrede moet wees. Hoekom?
Daar is ’n lig in die tonnel.
Ek stem volkome saam met mnr. Hans Beukes se bydrae op 28 Maart 2022. Gaan alle Namibiërs by die ontdekking van olie baat, of sal by ons dieselfde gebeur as in al die ander Afrika-lande waar olie ondek is? Angola is maar een voorbeeld.
Hulle is die tweede grootste olieprodusent in Afrika, en die vorige president se dogter is/was die rykste vrou in Afrika, maar hongersnood dwing die burgers van Angola om na Namibië te vlug.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie