Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Justisie en verkeer, help asseblief hier

FANIE KRUGER, VERKEERSKONSULTANT, SKRYF VAN SWAKOPMUND:

Dit sal waardeur word indien enige senior amptenaar van justisie en die verkeersafdelings, asseblief die onderstaande sal antwoord of terugvoering gee aan die publiek. Daar heers groot onduidelik onder die publiek oor die uitsprake hieroor in die laerhowe in Namibië.

Daar is ’n reeks sake oor beweerde onwettige LED-ligte wat in landdroshowe oraloor die land afgehandel is met duidelike onskuldige bevindings en sake wat summier van die rol geskrap is. Dit is tog duidelik dat landdroste op verskeie dorpe saamstem met die wet, dat LED-ligte wettig is volgens Regulasie 175 van die RA-wet, G/N 53/2001.

Die groot vraag is: Word hierdie hofuitsprake/inligting nie deurgestuur na die verskillende verkeerskantore nie? Sodat die onredelike heksejag van verkeersbeamptes op motors met LED-ligte kan stop. Hoekom word verkeersbeamptes toegelaat om aan te gaan met vervolgings as die howe besluit het dis wettig? Of het die verkeersafdeling dalk nie respek vir landdroste en die howe nie, en maak maar net soos hulle wil?

Vanaf ongeveer 2014 kom 99% van alle nuwe motors met LED-ligte uit.

Die Padverkeerswet [no. 22 van 1999, reg. 175(1) GN no. 53/2001] se regulasies maak voorsiening dat addisionele ligte op ’n voertuig aangebring mag word met seker voorskrifte. Die regulasie omskryf geen fabrikaat van die ligte nie. Met ander woorde, dit kan LED wees, Hella, Phillips, neon, halogeen, ens.

PEPERDUUR

Volgens sekere verkeerskantore/-beamptes is LED-ligte egter onwettig, en persone met addisionele LED-ligte op hul voertuie word aangekla, of klaring opgeskort, en indien die persoon wys dat die ligte afgehaal is, word die motorlisensie teruggegee. Dit kos vir Jan Publiek duisende dollars aan boetes en kostes.

Om van regsverteenwoordigers gebruik te maak, is nog duurder as die boetes, dan betaal Jan Publiek liewer die boete as om nog die ekstra kostes aan te gaan.

Die getuienis wat normaalweg gelewer word, is dat LED-ligte gevaarlik is, maar enige addisionele ligte is gevaarlik indien dit nie reg aangebring word nie. Volgens die wet is ’n addisionele lig ’n hooflig (main beam), en volgens reg.176(a) GN no. 53/2001, moet die addisionele ligte ’n straal voor die voertuig skyn waarin die bestuurder ’n voorwerp of persoon op 'n afstand van ongeveer 100 meter moet kan sien.

As regulasies gevolg word, hoe kan dit gevaarlik wees?

Ek dink die verkeersbeamptes moet hulle huiswerk doen en seker maak die ligte is volgens wetsvoorskrifte aangebring, en stop met onwettige vervolgings.

Nog nie in een hof kon staatsgetuies werklik bewys interme van watter wetgewing, en SABS- of SANS-kode, dat sulke ligte onwettig is nie. Motorbestuurders word aangekla onder regulasie 203, gelees met reg. 173-198, wat ’n verkeerde klagte is. Volgens regulasie 203 is enige ligte op die voertuig wat aangebring is teenstrydig met die padverkeersregulasies, onwettige ligte. Maar, soos genoem, skep regulasie 175 'n wetlike uitsondering.

WAT IS ONWETTIG? Ligte bo-op die rolbaar, hoër as een meter vanaf die grond, 400 mm verder terug as die voorkant van die voertuig, ens., is ligte teenstrydig met wetgewing. Nie die addisionele ligte in terme van reg. 175 vooraan ’n voertuig nie.

Hier is 'n kort lys van sommige afgehandelde sake oor LED-ligte"

• Mariental, 10 Maart 2014, accused not guilty.

• Windhoek, 5 November 2015, case scrapped from the roll.

• Karibib, 7 November 2017, case withdrawn.

• Walvisbaai, Mei 2018, Namib Times: "...further inquiries, confirmed that the Magistrates Court (Walvis Bay) will no more hear any cases where fines were issued to vehicle owners who have additional lights fitted to their vehicles. Traffic Officers need to brush up their knowledge and interpretation of the Road and Transport Act."

• Windhoek, 14 September 2018, accused not guilty.

• Walvisbaai, November 2018, charge 1 withdrawn by the Court. Charge 2: Accused is found guilty on the placement of the LED lights on the vehicle.

• Keetmanshoop, 10 Februarie 2020, accused not guilty.

Die interessante vraag aan die verkeersafdeling bly: Hoekom is die aanbring van LED-ligte op ouer voertuie glo onwettig, maar die nuwe voertuie wat met LED-ligte vervaardig word is wettig? Daai som bly dom om te verstaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!