Kerksake
ANONIEM SKRYF:
Ons gemeente het ’n “besluitnemende groep” wat dinge op ons afdwing. Ons word dinge so mooi kom sê wat vooraf besluit is: ’n “kassier” is aangestel sonder dat die pos geadverteer is. Wat beteken ’n “kassier” in ’n gemeente-opset? Eerste keer wat ek dit in ’n (ELKRN)-gemeente sien, geldsake en alle administratiewe sake was heeltyd net deur die sekretaresse hanteer.
’n Skoonmaakster is ook net so aangestel, sonder dat die pos geadverteer was, ook die werk van die “besluitnemende groepie”. Sy is ’n pensioenaris, hoekom, terwyl daar ander mense in die gemeente is, wat ook werkloos is?
Die inkomste van verlede jaar se aanneming was seker baie groot, en dit is links en regs gespandeer, dit is nou klaar en nou moet ons “gemelk” word.
As hierdie projek wat nou aan die gang is, se sente klaar word, wat is die volgende projek? Die oplossing is: verminder die personeel, doen weg met die kassier (onthou, ek het niks persoonliks teen die persoon nie). Stel iemand aan wat net drie dae inkom om die skoonmaakwerk te kom doen, teen N$50 per dag.
Ek het ook betroubaar verneem, dat die leraar ook soms nie sy salaris vir sommige maande ontvang het nie. Dit is verkeerd!
Waar is ons parogieraad? Sien hulle nie hierdie verkeerde goed nie? As die gemeente-raad nie weet wat hul pligte is nie, lees die kerkorde! Hoekom is die gemeente ook stil, of is hulle tevrede met hoe die dinge gedoen word?
Dit is hoogtyd dat ons gemeente verkeerde dinge moet begin aanspreek, ook hoogtyd dat die gemeente-raad moet weet wat hul pligte is.
Net tot daar!
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie