Kersfees en die noodlot
Wiesie Kotzé - Soos ek al van tevore met julle gedeel het, het ek deesdae ‘n bietjie meer kans om op hoogte te bly van die vermaaklikheidswêreld. Die hoeveelheid Kersflieks op TV is vir my ‘n bron van vreugde en ontsnapping.
‘n Begrip wat in Amerika glo baie algemeen is, maar tog stadig aan die blom is hier in Suider-Afrika, is die konsep van die 'Christmas spirit' en 'Christmas cheer'. My man vra nou die aand hardop in die huis – wat presies is die 'Christmas spirit'?
Wat gebeur wanneer geloofsfeeste so geïmplementeer word dat dit geheel en al kommersiëel geword het? In Amerika word daar net oor die amptelike Kers- en Nuwejaarsdae vakansie gehou. Daar is nie so iets soos Desemberverlof in hul wêreld nie. In Suid-Afrika - of so is my indruk as oud-inwoner daarvan - is die Desembervakansie ook ‘n ding wat maar al hoe skaarser word. ‘n Besoeker uit Amerika het onlangs kommentaar gelewer oor hoe lieflik dit eintlik is dat so baie mense in Namibië op verlof gaan oor die Kerstyd en dat die land effektief (ten minste in die boubedryf) tot stilstand kom.
Die 'Christmas spirit/Christmas cheer'-fenomeen is in my opinie wanneer ‘n land wat uit om en by 340 miljoen mense bestaan, gelei word om ‘n geloofsfees te vier waarin 63% van die bevolking hulself Christene noem. Maar hoeveel van die sogenaamde Christene praktiseer werklik? En die oorblywendes is steeds ‘n stewige getal mense – 125 miljoen (teenoor Suid-afrika se 59 miljoen) genoeg om ‘n hele paar Afrikalande vol te maak en te bestuur. ‘n Mens sien in my opinie ‘n ander kant van die fenomeen in Europa waar die kinders en kleinkinders van die Katolieke nie meer so lekker weet waaroor die hele bohaai gaan nie. Dit veroorsaak generasies van nie-praktiserende Katolieke tot by ateïsme. En hiermee trek ek die streep deur van 'Christmas spirit' en 'Christmas cheer' tot by nie-praktiserende Christene.
Hierdie skrywe is nie bedoel om ‘n preek te wees nie. Maar ja, die punt wat ek graag wil maak, is as volg: Dit maak nie saak wat jou geloofsoortuiging is nie. As iets in hierdie wêreld vir jou belangrik genoeg is om aan die nageslagte oor te dra, dan is dit nie die risiko werd om dit aan die noodlot oor te laat nie. Dit wat ‘n mens aan die nageslag wil oordra, moet ‘n wilsbesluit wees by die een wat dit graag wil probeer oordra en hulle sal ongelukkig aktief werk daarvan moet maak om die boodskap oorgedra te kry. Dit gaan nie vanself kom nie. Of jy ‘n kerkmens is, en of jy saam met Tom Cruise Scientology beoefen, ek vra vandag aan jou die leser – watter beginsels, waardes en konsepte in jou lewe is belangrik genoeg om die reuse taak van oordrag na die nageslag te regverdig? Ek wonder eintlik maar net hardop of enigeen daar buite nog ernstig genoeg oor hul beginsels is dat dit oorgedra moet word, en wanneer ‘n mens dit probeer doen, doen jy dit ten koste van sommige verhoudings of nie?
So ‘n sombere noot ter afsluiting van ‘n gedagte wat so lighartig begin het. Vir dié wat na lighartigheid soek, maak maar soos ek en kyk ‘n Kersfliek! Groete tot volgende keer. - Gasskrywer - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie