Kersfees. . .
Soos dit amper elke jaar gebeur, het Kersfees my weer in 2023 onkant betrap. Ek was nog rustig besig om in die winkel te soek na kaneel, kookolie en botter, toe ek ’n rakomdraai maak – en my vasloop in Kersbome, blink versierings, en rooi liggies. En toe begin Bing Crosby ons nog luidkeels vertel van ’n “White Christmas”!
Net daar het ek my voorgeneem dat ek nie hierdie Kersfees so onkundig soos in die verlede gaan wees nie. En dadelik op soek gegaan na hoe Kersfees nou eintlik in verskillendse lande gevier word.
Met die Kersboom vars in my geheue het ek eerstens na Duitsland gaan kyk. En sowaar – die Tannenbaum, as ’n noodsaaklike deel van Kersfees, het al sedert die 16e eeu sy oorsprong hier. Daar word ook vertel dat Martin Luther die eerste persoon was wat sy Kersboom met liggies versier het – nadat hy toevallig gesien het hoe mooi Kersbome lyk as die son op hulle blare skyn!
Duitsland het vele ander tradisies. Een van die belangrikstes is seker die Kers-engele. Hierdie versierings word oral in die huise geplaas, dikwels in groepe saamgesit om ’n spesiale boodskap oor te dra, en word ook aan nageslagte as erfstukke geskenk. In sommige families verteenwoordig hierdie engeltjies spesiale Kers-emosies soos hoop, liefde, en samehorigheid.
Onverwags kom ek op ’n ander spesiale storie af. In Londen het ’n sakeman, Sir Henry Cole, besluit dat hy nie sy tyd wil mors om persoonlike Kersboodskappe te stuur nie. Hy huur toe ’n kunstenaar om vir hom ’n kaartjie te ontwerp wat hy aan al sy vriende en familie kan pos. Dit was die ontstaan van ons tradisionele Kerskaarte.
In Brittanje is daar heelwat bekende Kersgewoontes – veral gekoppel aan die ete en drinke. So is “mince pies” in die Middeleeue ontwikkel as ’n deeg gevul met fyn vleis, gesnipperde vrugte en alkohol.
Dan is daar nog die tipiese Kers-poedings, Kers-vrugtekoeke en daardie verskriklike drank genaamd “eggnog”.
Ek het al baie gewonder oor die tradisie van die pragtige spesiale tafelversiersel: die “cracker”. Dit is skynbaar in 1845-’50 deur ’n Britse lekkergoedmaker, Tom Smith, ontwikkel Hy het aanvanklik sy lekkergoed, saam met ’n kort spreukie of raaisel, in spesiale papier toegedraai. Dit was ongelukkig nie baie suksesvol nie – totdat hy besluit het om ’n trek-en-klapper-effek by te voeg!
En dan is daar Finland – die tuiste van Vader Kersfees. Hy woon glo in die noorde van Finland, in ’n gebied bekend as Korvatunturi. Maar oor die hele land word die aand voor Kersdag gesien as die begin van ’n spesiale tydperk: “Kersvrede”. Dit het sy ontstaan in die 13e eeu en duur vandag nog vir 12 dae lank. Hiertydens gaan die Finne kerk toe, geniet saam ’n sauna, deel Kersgeskenke uit, neem sleeritte en plaas kerse op die grafte van geliefde afgestorwenes. Vir almal in Finland is Kersfees ’n spesiale seisoen van familievreugdes en rus.
So wonder ek toe – wat beteken Kersfees vir ons hier in Namibië? Ons het beslis nie inheemse Kersbome, misletoe-struike of ritte in die sneeu om na Kersvader te gaan soek nie. Maar ons het darem die see, (die braaivleis. . .) en veral die son! Hierdie is ’n land van Suiderkruis-nagte en sonskyn Kersdae. Daarom sing ons graag saam met Koos Doep: “Skenk ’n helder somerkersfees aan hierdie land, o Heer.”
En toe kom ek onverwags op die Griekwa-beskrywing/beryming van Johannes 3:16 af.
Dit lyk vir my soos die ware Gees van ’n Namibiese Kersfees. . .
“So lief het die Jirre die hele mense gehet
lat Hy nou Hy se Kjent gekom gestier het
solat dies wat in Hom glo en vi Hom bid,
vi ewag innie hoge jimmel in kan gat sit”
Hans du Plessis. Gasskrywer – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie