Klamping en boetes strook nie met die wet
FANIE KRUGER, VERKEERSKONSULTANT, SKRYF VANAF SWAKOPMUND:
Die vasklamping van wiele (wheel clamping) op publieke of privaat parkeerareas in Namibië is onwettig.
Instansies, besighede, sekuriteitsondernemings, hul wagte en die publiek moet kennis neem dat daar nie enige wetgewing in Namibië is wat die optrede ondersteun nie. Enige vorm van wielklamping is dus onwettig.
Dit is opmerklik dat oral in dorpe, en in Windhoek, waarskuwingsborde hieroor soos paddastoele by parkeerareas opspring. Wielklamping is egter onwettig en so ook enige "boete" wat gehef word vir die nie-bestaande oortredings.
Reeds in Junie 2015 het die kantoor van die Ombudsman by navraag bevestig dat ook die kantoor van die Prokureur-Generaal onbewus is van enige wetlike voorskrifte in die verband.
Indien enige persoon wielklamping doen, is dit dus ʼn oortreding van die Padverkeerswet, (wet 22/1999, g/m, G/N no. 2503 of 30 Maart 2001) wat as volg lees:
"Hindering or obstructing traffic on a public road."
Regulasie 354 (1) sê: “A persoon may not willfully or unnecessarily prevent, hinder or interrupt the free and proper passage of traffic on a public road.” Indien 'n voertuig in die proses beskadig word, kan 'n klagte van kwaadwillige saakbeskadiging by die polisie gemaak word.
Om wielklamping te mag doen, moet daar wetgewing wees wat dit goedkeur, en dit moet aangekondig word in die Staatskoerant (Government Gazette, G/G) of deur middel van 'n staatskennisgewing (Government Notice, G/N).
Wat is “a publick road” of dan openbare pad? Die Padverkeerswet se omskrywing lees as volg: Dit is ʼn straat of deurgang of enige ander plek wat gewoonweg deur die publiek of deel daarvan gebruik word, of waartoe die publiek, of deel daarvan, die reg tot toegang het en ook enige ding wat deel uitmaak van, of verbind is met, of behoort aan sodanige pad, straat of deurgang.
Wanneer is dit 'n openbare parkeerarea en wanneer is dit 'n privaat parkeerarea?
1) Indien die parkeerarea/parkeergebied aansluit met die straat en jy as lid van die publiek vrye toegang en uitgang het, is dit in terme van die Padverkeerwet ʼn openbare pad, wat beteken dit is 'n publieke parkeerarea en alle verkeersreëls en -regulasies is van toepassing, en moet gehoorsaam word.
2) Indien toegang tot die parkeerarea beheer word met behulp van 'n slagboom of elektriese hek, en jy moet betaal vir die parkering, is dit ʼn privaat parkeerarea.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie