Klein Windhoekrivier? of "woud"

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

Ingenieur vra:

Dit lyk of die Klein Windhoekriver ‘n woud van indringer-bloekombome geword het. Ek vermoed daar is min mense wat die Klein Windhoek se vloedgeskiedenis ken of onthou: 1933, 1963 ... en wanneer weer?

In vloedhidrologie praat ons van ‘n vloedherhalingsperiode. Dit is basies die waarskynlikheid dat ‘n vloed van ‘n sekere grootte hierdie jaar sal plaasvind. Elke jaar na ‘n sekere grootte vloed, raak die waarskynlik groter dat ‘n vloed van die grootte dan kan gebeur.

Anders gestel: Die waarskylikheid dat daar nou weer ‘n groot vloed in die Klein Windhoekriver kan gebeur is baie groot.

Vloedwater is “stom”: Die vloedhoogte word bepaal deur die volume water en die weerstand wat die water het om sy pad te vind.... Seker nie nodig om te sê groot indringerbome bied baie weerstand, en sal die vloedhoogte drasties beïnvloed. Dit kort ook net een of twee bome om omgespoel te word deur die vloedwater wat dan die weerstand sal verhoog en gevolglik die vloeihoogte van die water. Omdat die Klein Windhoekrivier se vloedvlakte (oewers) relatief plat is, sal die rivier baie wyer moet vloei.

Die foto is by die Heliodoorstraat-rivierkruissing geneem langs die Paramount- ontwikkeling

Hierdie indringerbome kom al langs die Klein Windhoekriver voor.

Iewers sal die verantwoordelike party, City of Windhoek, en/of NamWater aandag hieraan moet gee.

Intussen seker raadsaam vir Paramount en ander laagliggende eiendomme langs die rivier om noodontruimingsmaatreëls te oorweeg?

Ek hoop ek is verkeerd, vir hierdie reën seisoen.

‘n Gedagte: Gee vir ‘n paar van die manne wat op die straathoeke sit en hoop vir werk elkeen ‘n kettingsaag en sê hulle kan die bome verwyder en die hout verkoop tot hul eie voordeel.

Kommentaar

Republikein 2025-02-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 22° | 32° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 17° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:31, High tide: 02:32, Low Tide: 20:47, High tide: 14:45 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:29, High tide: 02:30, Low Tide: 20:45, High tide: 14:43 Walvis Bay: 17° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:29, High tide: 02:29, Low Tide: 20:45, High tide: 14:42 Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 26° | 37° Keetmanshoop: 26° | 37° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 24° | 38° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 28° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 17° | 20° Maseru: 15° | 25° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 19° | 27° Maputo: 23° | 28° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 20° | 21° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 24° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!