Briewe
Briewe

Klerekas-maniak

Mandy Rittmann
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

Hou vas die sedoos is boos

Moeg aangeja vanuit die oos

Hier kiep en daar pik

Onweer vir ʼn oomblik.

Eers my klerekas uitgepak

Plakkies en room opgeplak

Kort en dun aangetrek

Skadu kon my nie bedek.

Sonstrale groet oor die baai

Noordwes woel teen die kaai

Sewe lae uit my klerekas

ʼn Maniak trek aan wat pas.

Skielik ja skielik uit die suid

Koud gejaa suidwes met die skuit

Erens is iets groot fout

Bibber ja bibberkoud benoud.

Ons weer is nie voorspel

Die Fm'pie vermeld dit wel

ʼn Weerkundige en doemprofeet

Wie sal nou van Walvis vergeet.

Trotseer ʼn vierseisoene-dag

Klerekas-maniak met ʼn glimlag

Van skadukol tot kolestoof

Klerekas-maniak staan in sy geloof.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!