Kos vir die siel
WILLEM DE WET SKRYF:
Ek het afgelope naweek die wonderlike eer gehad om saam met ’n span baie aangename mense Sossusvlei, getooi in sy beste onthaalklere, te kon gaan besigtig en belewe.
Laatmiddag in die reën daar ingevlieg en by ’n baie goed geleë en toegeruste Taleni-eenheid ons intrek geneem. Vriendelike personeel, skoon geriewe, en ’n atmosfeer wat pas.
Sonsondergang met reënboë, sonspieëlings en ’n maansopkoms wat ewe indrukwekkend was. Lekker geëet en lekker geslaap.
Die môrestond had goud in die mond en ons vertrek vroeg om die wêreldberoemde besienswaardighede onder oë te kry voor die son sy felste hoogte bereik.
Op pad na die vlei word ons oorweldig deur die vistas van nuwe vars groen teen ’n agtergrond van helder oranje, oer-oue sandduine met waterplasse, pronkende springbokke en lui gemsbokke wat plek-plek kniediep in die gras staan en wei. Die foto’s in die oggendlig lyk soos waterverfskilderye en die kameras klik sonder ophou.
Daar is ’n stilte op die kar. Elkeen het ’n diep kyk in die oë en ’n ontspanne voorkop en mondhoeke waar gister se probleme en plooie vanoggend nog was.
Die duine is gedeeltelik nat en plek-plek droog en die skakerings van elke duin sit amper soos ’n vingerafdruk wat aan elkeen sy eie identiteit en karakter gee. My mond hang oop. Kan ’n sandduin dan so mooi wees? Kan gras so helder groen wees en kan nat grond so lekker ruik?
Dit voel ek sit in ’n droom met surrealistiese helderheid en buitengewone helder kleure en dit voel asof iemand vir my iets wil sê. Party ouens op die kar sê so nou en dan iets, maar ek besef gou dis nie hulle wat met my wil praat nie, Die stem wat ek hoor kom van êrens daar bo uit daardie helderste, donkerblou hemel wat ek nog gesien het.
Ek voel klein en oorweldig deur dit wat ek rondom my beleef.
’n Diep rustigheid en tevredenheid sak op my neer.
By die einde van die teerpad aangekom, ruk ’n effense verwaarloosde parkeerterrein en bouvallige toilette my terug na die realiteit. Maar dit is ongewone reëntye en die laaigraaf wat staan daar, so daar is seker werk aan die gang om dit beter te maak. Ek hoop so!
Die pad na die vlei is verspoel maar gangbaar en ons ry tot by ’n piekniekplek onder ’n boom en pak af.
Die bewyse van sterkwater lê rond in die vorm van verspoelde pale en naamborde en tafeltjies wat skeef staan, maar dit sal seker ook binnekort aandag kry. Ons pak die staptog na Dooievlei en dit is elke tree die moeite werd. Wat ’n gesig en ’n belewenis. Kos vir die siel.
Dooievlei is alles behalwe dood... Kyk net en sien!
Stap terug, eet ontbyt en ry na die “natvlei”. Daar aangekom, lyk dit kompleet soos oujaar op Henties se strand. Daar is karre en mens en kampplekke onder bome en ’n jolige atmosfeer, soos jy seker net kry tussen ’n klomp woestynlandburgers wanneer hulle die eerste keer in ’n lang tyd water sien. Al wat kort, is ’n braaivleisvuur, maar dis 'n park en dit hoort nie hier nie.
Almal groet en staan met een van ons land se bekende bruisdrankies in die vuis en dit lag, gesels en kwetter dat ’n vinknes les kan vat. Die mense swem en waad in die modderwater, maak nuwe vriende, ruil foto's uit en vertel stories van reën en heil op ander plekke. Almal asof hulle mekaar lankal ken. Nog ’n belewenis.
Ek was al ’n paar jaar terug in die vlei, maar toe was dit anders. Dit was ’n droë somer en dit was onsmaaklik warm, dit was stowwerig en dit was dof. Die mense was somber en die gemoedere stil.
Hierdie was anders en baie spesiaal. Ek sal nooit weer sê nie "maar ek was al daar". Gaan kyk maar weer as die geleentheid homself voordoen. Elke besoek is anders.
’n Belewenis soos min.
Dankie Thys en al die wat meegemaak en dit besonders help maak het. Ons waardeer.
Ten slotte wil ek net vra dat NWR of die ministerie ’n slag ons inligtingsborde en die fasiliteite daar gaan evalueer en op standaard bring. So ’n spesiale plek soek beter onderhoud en meer liefde.
Ek stem ook saam oor die bohaai oor die klomp wat daar in die monumente van bome geklouter het. Hulle moes van beter weet!
Ek heg ’n foto aan van die bord wat jou by jou aankoms in Dooievlei moet vertel wat dit is waarna jy kyk en hoe jy jou moet gedra by die besienswaardigheid. (Nie dat ’n grootmens ’n bord nodig het om hom te moet vertel hoe om homself te gedra nie, maar sommige moet tog soms herinner word daaraan.) Die bord is egter van geen hulp of waarde en kort aandag of moet liewer verwyder word . Gaan kyk die vlei en bly uit die bome uit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie