KPI parking - "Fyn vat"
ANONIEM SKRYF:
Ek wil nie veralgemeen met een “Marshall” se optrede nie, maar voel tog om die parkeer publiek attent te maak na aanleiding van ‘n situasie wat ek persoonlik ondervind het.
Ek parkeer in Talstraat reg voor die Natis-kantoor. Terug by my voertuig sien ek die parkeerpapiertjie op die voertuig se voorruit. Die KPI Marshall kom, neem en lees die kaartjie en sê ek moet N$6.00 betaal. Toe die Marshal die betaalbewys vir my gee, doen hy dit so met ‘n “opfrommel” aksie. Instinktief maak ek die opgefrommelde betaalbewys oop en lees - “Amount Paid: N$3.00”. Ek konfronteer die Marshall, hy is baie verskonend en sê hy het ‘n fout gemaak, en gee dadelik vir my N$3.00 terug.
Dit gaan vir my nie oor die N$3.00 nie, maar die subtiele manier van “fyn vat”, (of steel?). Ek wonder of dit ‘n algemene parktyk onder die KPI Marshalls is?
Altyd sleg as ‘n eenvoudige vertrouensgeleentheid misbruik word.
Ek het op City of Windhoek se webtuiste gaan soek, maar daar is nie ‘n opsie waar mens “fraud” kan aanmeld nie. Daarom skryf ek die brief aan Republikein. Ek wonder maar net.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie