Let op die brille waardeur ons kyk
ASHLEY BRANDON HAMMOND SKRYF:
Ek reageer graag op Godfrey Kleinhans se rubriek “Opvoeding is nie in die moeras” (6 April 2022) waarin hy op my brief van 1 deser kommentaar lewer. Sy argumente laat egter nog meer vrae ontstaan.
Volgens die skrywer is my metafoor “onvanpas”. Tog skryf hy in Republikein (2017.05.02) “Some regions (and schools) just cannot get out of the rot!” Wat is die semantiese graadverskil tussen “verrotting” en “moeras”?
As ons “tans definitief nie op ‘n goeie plek (is) nie” maar “nog ver van moerasstatus”, impliseer hy dat ons wel op pad soontoe is? Wil hy daarmee te kenne gee ons is inderdaad met 'n dodelike virus geïnfekteer, maar ons is nog ver van terminaal?
En aan watter kriteria kan ons moerasstatus meet? Sy rubriek “Regruk moet uitslae toon” (2021.09.22) is dalk ‘n goeie vertrekpunt.
As ons nie in ‘n moeras is nie, hoekom wil weet hoe ons daar gekom het?
Het die skrywer ooit mý verklaring vir ons moerasstatus raak gelees? En waarom dan vra na persone met “buitengewone inisiatief, verbeeldingsvermoë en waagmoed”? Klink dit nie weersprekend nie?
Beskik die skrywer oor ‘n meer gepaste metafoor vir ons huidige krisis?
Ek het gestel dat Einstein se woorde slegs “gedeeltelik” van toepassing is op Namibië. Ek het genoem dat dit in talle opsigte (let wel: nie in alle opsigte nie) nie ’n vreeslik verhewe verbeeldingsvermoë verg nie, en ek het beloof om hopelik kreatiewe idees voor te lê. So ek maak vir seker ruimte vir kreatiewe denke.
Watter kreatiewe voorstelle kan die skrywer self aanbied?
DIE HAARKLOWERY OOR HAARSTYLE
Kan die skrywer ’n aanduiding gee hoe die jongste hare-toegewing onderwys sal verbeter – veral in
terme van algemene dissipline en akademiese vordering? Ek kan hom een ding belowe: Die hare sal waai, sou ons sulke argumente aan ons skoolhoofde opdis.
Is die outeur gemaklik daarmee om 30 jaar ná onafhanklikwording steeds te moet “pleit vir ‘n deurdagte, volledige en implementeerbare gedragskode”?
VEROUDERDE DATA
Hoe geldig is 2017 se Saqmec-verslag in 2022?
Beter as presies hoeveel ander lande het Namibië in 2017 gevaar? Wie is daardie lande? Watter plek beklee ons op die Afrika-ranglys? Of moet ons maar gediend daarmee wees om in die Woensdagspan te speel – en dit boonop in ‘n relegasie-wedstryd?
As ek 20 kg oorgewig is en my buurman 40 kg, beteken dit mý probleem is nou opgelos? Hoe bedagsaam is dit om lande waar dit slegter gaan as by ons, as maatstaf te gebruik?
INDIVIDUALISERING
Lees die skrywer dalk dat ek individualisering as “nuwe” idee voorhou?
As die 1:100 ratio nie Uganda se nasionale norm is nie, is dit nie verdedigbaar om ‘n geïsoleerde geval as reël voor te hou nie. Buitendien, sou net een sukkelende leerder uit die honderd “daai onderwyseres” se eie kind wees, sal sy vinnig leer om te individualiseer.
In Lukas 15 los Jesus juis die nege en negentig skape in die kraal op soek na die vermiste een. Dis individualisering.
ONDERWYS, AFRIKA EN DIE EERSTE WÊRELD
Die skrywer se historiese oorsig oor hoe kolonialisme Afrika-onderwys in ‘n krisis gedompel het, is insiggewend.
Maar hoekom doer ver (in tyd en ruimte) loop draai? Wanneer gaan ons die oorsake lokaliseer?
Namibiërs woon nie op ’n eiland nie. Ons sal ons kinders sekerlik buiteland toe stuur vir verdere studie. Is ’n globale benadering tot die onderwys derhalwe nie juis daarom raadsaam nie? En is die internasionale konvensies waarna Kleinhans verwys nie juis 'n bewys van globalisering nie? (Ek vermoed ook dié konvensies is deur eerstewêreldlande geïnisieer.)
Die skrywer beweer “Afrika het nog ‘n lang pad om te loop.” Wanneer gaan ons van ‘n Afrika begin droom wat in die toekoms self wêreldstandaarde op verskillende terreine sal dikteer?
Langenhoven het gesê: “Elkeen is geregtig op ‘n eie siening, maar nie almal sien iets nie.” En Stephen Covey sê weer: “Do not only look through your lenses. Also look at them, for they shape the way in which we interpret the world.”
Mag ons dit altyd voor oë hou wanneer ons oor onderwys besin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie