Lewenslesse uit die hemelruim
Dink aan een – die syfer 1 – sit een by en jy kry twee, vat een weg en jy het weer een – eenvoudig, nê? Toe nie.
Vat die een wat jy oor het en deel dit deur twee – nou het jy 0,5, die helfde. Deel dié helfde in twee en jy het 0,25, en as jy dit weer doen, het jy 0,125.
Spoiler alert: hierdie kan tot in ewigheid aangaan. Ons kan 0,125 deur 1 000, 10 000 of selfs 1 000 000 000 deel en steeds ’n antwoord kry wat ons weer ’n keer kan deel deur enige syfer wat jy aan kan dink.
’n Enigma is die mensdom se voorland: ons weet nie heeltemal waar die oneindige begin, en nog minder waar die eindpunt is nie.
Onlangs het die slimste van ons besluit dit begin by ’n “Planck length”. Ons het nou al só klein gemeet dat ons atome in sogenaamde Planck length meet. As jy ’n atoom so groot soos die waarneembare heelal sou opblaas (sodat dit ’n radius van 62 miljard ligjare sou hê), sou een Planck-lengte omtrent ’n boom se grootte wees.
Dit is wel die huidige ooreenkoms tussen ons wetenskaplikes, maar ek dink nie ons gaan oor ’n paar jaar steeds tevrede wees met die feit dat ons die bome in ons heelal kan tel nie – ons gaan die bome in meters wil meet.
Ons as mense gaan nooit tevrede wees dat ons ’n liniaal in sentimeters verdeel het nie. Dis in ons natuur om altyd beter en slimmer te wil wees. Meters word in sentimeters verdeel, sentimeters in millimeters, millimeters in mikrometers, mikrometers in nanometers. . . Ons moet alewig ’n kleiner en meer presiese mate uitdink.
Terselfdertyd sal ons breine altyd stom staan voor groot goed, en daarom moet ons alewig groter gaan. Natuurlik is dit weer ou Isaac Newton wat met ’n teorie vorendag moes kom om te verduidelik hoekom planete en sterre nie deur mekaar se swaartekrag aangetrek word nie.
Toe het oom Isak verduidelik dat die helaal aanhoudend uitbrei en juis daarom behou die swaartekrag om die hemelliggame altyd ’n perfekte balans – hoe anders sal hy dan nou gemaak het? Kleiner dink? Nee wat.
Nou wonder ek: In ’n oneindige heelal waar dít wat ek doen ’n Planck in ’n oneindigheid is, wat maak werklik saak? Ek is net ’n 22-jarige wat dit wil reg doen. Ek wil nie oud word met dieselfde spytgevoelens wat volwassenes op 40 en 50 in die gesig staar nie.
Die waarheid is teleurstellend – niks maak werklik saak nie, maar terselfdertyd maak alles saak. Jy gaan altyd spyt wees; spyt omdat jy dit gedoen het en ook spyt omdat jy dit nie gedoen het nie – verwys terug na die deel oor ons ontevredenheid met liniale.
Wanneer ek die dag na my graf gaan, wat gaan saakmaak? Niks. Die blomme wat waarskynlik nie op my graf gaan wees nie, is net mooi niks nie.
Die beperkte lewe wat ek gelei het, gaan nie meer saakmaak nie. Al wat werklik saakmaak is dat jy tevrede is in die tyd wat jy wel hier is.
Jy kan nie die blomme wat op jou graf is na die Pearly Gates toe neem nie en al kon jy, dink ek nie omkoopblomme sou aanvaar word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie