Menings vorm ons werklikheid
CHRISTIE KEULDER SKRYF:
Repliek op die brief van dr. A.C. Obholzer, "Rather test facts than opinions?", 10 Maart 2022.
Die skrywer maak verskeie aannames oor die Afrobarometer se onlangse persverklaring oor inentingstraagheid in Namibië.
Vanuit sy perspektief is die dokter (ek vermoed hy is 'n mediese dokter) skepties oor enigiets wat nie op wetenskap of God gebaseer is nie. Hy is dalk sinies - oor openbare mening en die bestudering daarvan.
Om die dokter aan te haal: "my feeling/opinion based on ignorance, hearsay, anecdotal cases, prejudice, hesitancy and passive resistance paralysis" is sterk woorde vir navorsing wat wêreldwyd deur beleidmakers, internasionale organisasies, regerings en akademici gebruik word en reeds internationale erkenning ontvang het vir die kwaliteit van die data wat die netwerk genereer.
Dit is duidelik die dokter het nie sy huiswerk oor die Afrobarometer gedoen nie. Sy probleem begin sommer met die gebruik van die woord "barometer"...
Vir my lyk dit of sy kritiek spruit uit onkunde oor hoe openbare mening bestudeer word, en hoekom sulke navorsing nodig is. Die kritiek is dus subjektief en onwetenskaplik.
Natuurwetenskap behels observasie en ekperimentering om kennis oor die fisiese of materiële wêreld te verkry. Net so bestudeer die sosiale wetenskappe mense en gemeenskappe met behulp van wetenskaplike metodes om insigte te ontsluit.
Die dokter se beskouing dat menings subjektief is en daarom verwerp moet word, is gevaarlik vir ten minste twee redes.
Eerstens moet mens onderskeid tref tussen wat bestudeer word (in die geval houdings oor inenting) en hoe dit betsudeer word (met 'n nasionale, verteenwoordigende studie wat aan internasionale voorskrifte vir steekproewe voldoen). Al is menings en houdings subjektief, kan dit met 'n wetenskaplike metodiek nagevors word. Wetenskap verwys na die metode, nie die onderwerp nie.
Tweedens speel houdings en menings 'n groot rol in die keuses wat mense elke dag maak, byvoorbeeld oor inenting teen Covid-19. Mense gebruik nie noodwendig die wetenskap of God soos die dokter aanbeveel nie, maar staan by hul besluite al is daar potensieël lewensgevaarlike risiko's. Deur die mense te verstoot as "a typical, stubborn knee jerk reaction bypassing the brain", wen nie die geveg nie.
Houdings en menings vorm realiteit en inspireer aksie en reaksie. Wetenskaplikes het nie die wye intentingstraagheid verwag nie en sosiale wetenskaplikes ondersoek die redes hiervoor.
En dit, liewe dokter, is die waarde en bydrae van die Afrobarometer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie