Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Moenie stilte, gebore uit respek, uitbuit

ANONIEM SKRYF:

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak en die biskop van die ELKRN bedank vir sy hoofrede. U boodskap het al die "kerkpolitiek" van sommige leraars en ouderlinge uitgevee/uitgekanselleer.

Hoekom is sommige ouderlinge en leraars so foutsoekerig en opstekerig? Wat is die doel van 'n roudiens/lykwaakdiens of 'n begrafnisdiens? Dit is die plek waar bedroefdes vertroos en versterk moet word met die Heilige Woord van die Here.

Maar sommige leraars en ouderlinge misbruik dit en kry lekker omdat sommige mense vir hulle hande klap. Dit wat hulle "preek" is eensydig en hulle praat soms oor dinge/sake waarvan hulle geen agtergrond het nie. Hulle weet ook dat niemand op daardie oomblik sal reageer of hulle sal teëstaan nie.

Ons bly stil uit respek - hou op om dit te misbruik!

Dit is 'n skande vir die ELKRN want hierdie dienste word ook bygewoon deur ander kerke/denominasies. As ek die programleier is by so 'n diens sal ek jou onmiddellik stop. Die familie stel nie belang in julle "stryd", wat geen einde het nie.

Gebruik 'n ander platform om jou griewe uit te haal, ons stel nie belang nie.

Tweedens bedank ek ook deken Johannes !Gaoseb van die Usakos-kring vir sy kragtige boodskap. Ek bedank ook almal wat vir ons die suiwer Gods-woord (troosboodskappe) gebring het. Mag die Here vir u ryklik seën.

Ten laaste: Moenie net hande klap nie, alles in die "kerkpolitiek" is nie waar nie. Mag ons tog die strydbyle bêre.

Die kerkleiers moet hierdie tipe predikers kortvat anders sal hulle nie ophou nie en dinge vorentoe verongeluk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!