No Image Caption

Moontlik sy verdiende loon

Mandy Rittmann
JURIE VILJOEN SKRYF:

Ek het met haat en woede kennis geneem van die verwydering van die standbeeld van Curt von Francois. Dit was vir my die laaste strooi, en ek het al my byvoeglike naamwoorde en werkwoorde gereed gekry vir ’n brief aan die pers.

Toe onthou ek die woorde van Josepf Nangolo ’n geëerde onderwysman wat saam met my skole besoek het. Hy het my voortvarendheid geken en vir my gesê: skryf jou brief in die aand en as jy môre nog so voel, dan kan jy dit pos.

Ek het die standbeeld se “staan” in 2009 in die parlement verdedig en ook die Ruiterstandbeeld se reg om te staan waar dit staan. Toe die Ruiterstandbeeld verwyder is, het ek dit sterk veroordeel en ’n gedig daaroor geskrywe, wat geen koerant wil plaas nie.

Myns insiens is dit wel ’n wraakdig, maar beantwoord aan standaard, waarheid en opregtheid, om hierdie rede hang dit in my sitkamer en stuur ek kopieë aan die wat dit wil hê en die wat dit nie wil hê nie.

In alle respek teenoor Curt von Francois se familie en Namibiërs wat ernstig voel. Ek het begin twyfel toe ’n Duitse vriend noem dat dit sy verdiende loon is.

Ek het my standpunt ook verander en u kan my ook maar veroordeel as u die volgende boek lees en nie saamstem nie. “The Kaisers Holocaust deur David Ulosoga en Casper W. Erichsen. Lees hoofstuk 4: Soldier of Darkness.

Curt von Francois was ’n kaptein in die gevreesde Pruisiese weermag en was ook ’n huursoldaat van koning Leopold 11, koning van België”.

Hy was betrokke in die Congo en het in 1889 na Suidwes-Afrika gekom.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!