My eie ek
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Ryk met liefde en respek
Trots gebou is eer, my eie ek
Deur baie min geag
Bloed vermeng God’s gelag.
Pa vanuit oos, Malei se kroos
Ma vanaf noord, Hollandse woord
Praat maar sag met my
My eie reg in Afrika gekry.
Gebore doer, de skoonste Kaap
Getoeë Suidwes, vroegere sewentigs tot nou
Gehou soos ’n nylon-tou
Snoek verlief geëet soos nou.
Daar waar skoorstene kreun
Almal probeer kieste volmaak
Geld volop is uit de groot blou dam
My eie ek sweer nie wraak.
’n Gryskombers pla nie vimy
Suidwes blaas my ore verby
Hier waar die stof staan
My eie ek sal sterk staan.
Soos vanaf de ou houtkaai
Skuins by de groot duin se draai
Waar wind teen my boesem slaan
My eie ek geniet my blyplek.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie