’n Brief aan mamma Monica
YOLANDA NEL SKRYF:
Drie weke het nog nooit so lank gevoel soos diè wat op 4 Februarie vanjaar begin het nie.
En toe op 25 Februarie, groet ons groot man met die mooiste sonsopkoms. En saam met dit, breek jou hart, want op daardie dag moes jy vir die laaste keer totsiens sê, terwyl die wêreld toekyk.
Mamma Monica, iemand het een keer gevra waarom mense trou. En baie antwoorde was vir passie en liefde. Maar sy het geantwoord ons trou want ons het ’n getuie vir ons lewe nodig, want met agt miljard mense in die wêreld, wat beteken enige een se lewe werklik?
Maar in ’n huwelik belowe jy om alles te gee. Die goeie dinge, die slegte dinge, die vreeslike dinge, die alledaagse dinge. Alles, heeltyd, elke dag. En so sê jy, jou lewe sal nie ongesiens verbygaan nie omdat ek dit sal opmerk. Jou lewe sal ’n getuie hê, want ek sal jou getuie wees.
So liewe mamma Monica, rus in die wete dat op dieselfde manier soos jy gekies het om ’n getuie vir ons Hage Geingob se groot lewe te wees, net so het hy jou gekies om getuie vir jou lewe te wees.
Vandag wil ek vir jou dankie sê, dankie dat jy jou man, die kinders hulle pappa en die kleinkinders hulle oupa met ons gedeel het. Met ’n hele nasie. Dankie dat ons getuies kon wees vir die man wat hy was.
En terwyl die land weer terugkeer na ’n nuwe normaal, staan ons saam met jou gebed, want vir jou sal dit nooit weer normaal wees nie. Rou jou man, Hage Geingob, die man wat hy vir jou was en nie vir die land nie.
En koester die wete dat hy altyd in die vertrek langsaan is. Hy kyk uit vir jou en julle familie. En is altyd in jou hart.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie