’n Liefdesbrief aan Namibië
LOURENS EN ESTÉ RAAF SKRYF:
Daar is geheime in jou duine, ’n sagtheid in jou
kilometers van uitspansel wat my terselfdertyd uit myself dryf, maar wat my ook
roep na introspeksie.
’n Tipe stroping van rits en roer en doen en dryf wat my
saggies lei na refleksie.
In jou aangesig skyn die natuur haar helder
teenwoordigheid en voel ek gering deel van ’n massiewe kring.
’n Sirkel van lewe wat onafhanklik van my aanbou,
voortbeur en laat leef, soos wat ek my kan indink die onverstoorde Aarde jare
gelede ons as mensdom tot ons knieë kon dwing.
Dis by jou waar die niks baie raak en ek gesels ewe
skielik baie stories met die sekelmaan.
Die fonds van lewe en vasbyt op jou afdraai paaie ’n
getuie van volmaakte ekosisteme wat vir dekades in harmonieuse ritme bestaan.
Op sout soos teer het die verlatenheid my weer leer bid
vir kapasiteit om altyd hierdie vryheid in my gees te kan aanskou.
Ek verdwaal in die romanse dat ’n land kon arms groei en
my in haar skoot kon toevou.
Ek verlang soms na jou soos ’n mens.
En ek smag na die dag wat ek nog ’n keer laggend kan
uitsien na nuwe avonture op jou grens.
Ek hoop ek kan jou nog vir die hele wêreld wys.
Mag die respek vir lewe en land aanhou uit jou magtige
teenwoordigheid verreis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie