’n Ombudsman vir die verbruiker
BENNIE BOBEJÉ SKRYF:
Namibiese handelaars het ’n gewoonte om verbruikers op ’n opportunitiese manier uit te buit en te verarm. Die onlangse aanhoor van nuwe beleide, aankondigings en prysverhogings oortuig my opnuut hiervan.
So byvoorbeeld het hulle skielik geld vir plastiekdrasakke lank voor die aanvangsdatum begin hef, toe dit afgekondig word dat heffings op hierdie items geplaas gaan word.
Huurmotoroperateurs pleeg gedurig hierdie misdaad en dit gebeur telkens wanneer daar elektrisiteit- en waterverhogings aangekondig word. Sommige leenhaaie maak hulself ook daaraan skuldig in dié sin dat hul uitleenkoerse nie met dié van Bank of Namibia s'n strook nie.
Dit is dieselfde geval met die prys van wit suiker wat met ’n hemelhoë 20% sal styg (Republikein van Donderdag 30 Maart 2022) en ander items soos kookolie- en broodpryse wat na verwagting binnekort sal styg as gevolg van die impakte van die Russiese inval van die Oekraïne soos vermeld deur NBC Digital News op 8 Maart 2022.
Gedurende die inperkingstydperk in 2020 het pryse van goedere soos sigarette, alkoholiese verversings en ander items onmoontlike en krimineel vervolgbare hoogtes bereik, wat verbruikers se sakke vinniger leeggetap het.
Dis net deur die samelewing se waaksaamheid dat burgers nie deur die vroegtydige uitbuiting van brandstofpryse uitgebuit word nie. Maar watse versekering het ons dat dit vorentoe nie sal gebeur nie?
Ander uitbuiters is diensverskaffers soos dokters, privaathospitale en klinieke, prokureurs, aptekers, banke, onderwysinstellings, eiendomsverhuurders, versekeringsmaatskappye, ensovoorts, wie se tariewe en premies onbekostigbaar vir die man op straat geword het. Dit kan nie so aangaan nie.
Dis genoeg dat die massas deur epidemiese korrupsie en konsekwente brandstof- en voedselprysverhogings beheer word en daardeur in armoede gedompel en gehou word. Selfs die regering maak hulle aan hierdie vergrype skuldig.
Terwyl die petrolprys in Suid-Afrika nou verlaag word met R1,50 per liter tot einde Mei volgens news24.com, styg dit in Namibië met N$1,95 per liter vir petrol en N$2,95 per liter vir diesel op 6 April.
Monopolieë het die pryse van hoender, rooivleis, vis, suiwel en groente ook die hoogtes laat inskiet.
Huidiglik het die Namibiese verbruiker nie veel sêkrag nie, en word hy/sy te midde van hierdie metodiese uitbuiting in die meeste gevalle geïsoleer om alleen en stil te ly, want die Namibiese regsomgewing het nie werklik ruimte om hul klagtes en griewe te akkommodeer nie. Beheerliggame is ook maar slegs blaffende honde met geen tande nie.
Daar bestaan dus ’n dringende behoefte vir ’n verbruikersombudsman waar klagtes kan aangemeld en opgevolg word, wat pryse en tariewe moet beheer en wat die verbruiker se belange beskerm. Dit moet deur die regering in die lewe geroep word en baie gouer eerder as later gebeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie