No Image Caption

‘’n Tand vir ’n tand’

Mandy Rittmann
ROOI OLIFANT SKRYF:

Diskriminasie op grond van ras, velkleur en herkoms is niks nuuts in Namibië nie. Die tragiese hieraan is, dat alle Namibiese rasse hulle daaraan vergryp en skuldig maak waar ’n meerderheid of magsposisie is. Dit blyk dat “’n tand vir ’n tand” die rede is. Die Duitsers en Afrikaners het teen nie-blankes gediskrimineer en geniet die vrugte daarvan tot vandag toe. Met onafhanklikheid besluit die Owambo om dieselfde te doen.

Soos die opposisie onlangs hul lot in die parlement bekla het, word hoofsaaklik dié taalgroep byna oral in die Namibiese samelewing begunstig. Alle tersiêre instellings neem groot getalle Owambo-sprekende studente in ten koste van andere. Die meeste regerings- en sleutelposte word vir hulle geoormerk. Die polisiemag, weermag, korrektiewe dienste, nasionale jeugdiens en selfs private veiligheidsfirmas trek hierdie taalgroep voor. Byna alle tenders, beurse, lenings, toelaes en lisensies word aan hulle toegeken.

Na al hierdie bevoordeling van slegs een ras, word ons steeds vir die gek gehou en wysgemaak dat die regering in sy toekennings en aanstellings regverdig en deursigtig is, wat die grootste leuen ooit is. Maar Swapo hou nie rekening met die feit dat ons vir onsself kan sien en dink en vir onsself besluite kan en mag neem nie: die stembus. Nog steeds weier Swapo om uit die vorige plaaslike owerheidsverkiesings en onlangse tussenverkiesing in die Keetmanshoop Landelike Kiesafdeling te leer. Sien hulle regtig nie, dat die Suiderlinge en nie-Owambo-sprekendes oraloor Namibië keelvol is vir al die uitsluiting en uitbuiting wat ons vir 33 jaar moes verduur nie? Een ding is verseker: Nooit ooit sal Swapo weer ’n staanplek in die Suide kan hê nie, nie na alle rugstekery en ooguitstekery wat ons vir só lank moes ly nie. En die ander streke kom ook nou uit hul sluimering by.

Swapo het gemaak dat Namibiërs mekaar nou meer as ooit tevore haat. Hulle het veroorsaak dat Namibiërs die wet minag en nie meer belangstel om te wil stem nie. Hul beheerinstellings soos die Employment Equity Commission en beleide soos regstellende aksie (AA) beteken niks vir ons nie. Ons bly agter, veragter en vergete. Ons hoop is van ons ontneem. Intussen is ’n eens mooi land en volk deur korrupsie, gierige selfverryking en uitverkopery vernietig en verraai.

Maar arme Swapo het nog een heel laaste kans om sake reg te stel wat hulle verbrou het, al klink dit vergesog: Die N$1 miljoen-per Namibiër soos uit eie geledere voorgestel. Parlementslid Elifas Dingara se voorgestelde N$1 miljoen per burger sal vir Swapo hoop vir die 2024-verkiesings verseker, as en slegs as dit voor die verkiesings gebeur. As hulle ons dáár faal, kan hulle verseker wees dat hulle vir eens en altyd die nekslag in die Suide en moontlik die res van Namibië toegedien sal word. Ons sál hulle aanspreeklik hou vir beloftes wat hulle maak en nie nakom nie. Die kruisies sal praat, want hulle gun ons mos nou absoluut niks nie, nie eens die voorgestelde basiese inkomstetoelaag (BIG) nie.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!