Namibiërs se wil en wens
ROOI OLIFANT SKRYF:
Die waarnemende president Nangolo Mbumba het verlede week ’n skrale verhoging van N$200 vir staatspensioene en sekere toelaes aangekondig, wat weens ’n paar ondergenoemde redes oneties is.
Dit kom nadat wyle president Hage Geingob kort voor sy dood ’n openbare mondelinge belofte gemaak het, om hierdie pensioene en toelaes met tot N$3 000 te verhoog ál sou dit net wees om vir Swapo van gewisse ondergang te red.
In hierdie brief wil die skrywer die waarnemende president se aandag op die volgende punte vestig:
Eerstens, wás daar nie sprake van ’n geleidelike jaarlikse styging van staatspensioene en -toelaes van N$200 tot die beloofte N$2 000 of N$3 000 nie, maar slegs van ’n eenmalige opwaartse aanpassing daarvan. Dis seer sekerlik dat wyle president Geingob definitief sy geuiterde besluit (belofte) in oorleg met nasionale wette, die Swapo-leierskap, en sy kabinet, adviseurs en lynministers sou geneem en dit as sulks op papier gestel het.
Mbumba moet in ag neem, dat selfs ’n mondelinge ooreenkoms van krag en bindend is, volgens landswette, en wanneer dit op skrif gestel is, verleen dit sterker stukrag aan sodanige ooreenkoms. Om nóú daarteen te gaan, is niks anders as sabotasie en dwarsboming van die nasionale wil en wet nie.
Tweedens, het die waarnemende president, tydens wyle president Geingob se nasionale roudiens in die openbaar en voor internasionale leiers en –verteenwoordigers teenwoordig, plegtig beloof dat hy die oorlede president se wense vir sy land en volk getrou en gestand sou uitvoer. Uit sy skielike verandering blyk dit dus dat hy, Swapo en sy kabinet, adviseurs en lynministers nie instaat is om hul woord te hou nie, en nie deur die volk of enigeen daarbuite vertrou kan word nie. Hy móét besef dat “belofte maak seer” en “’n man se woord is sy eer.” Hy gaan nie sommer terug op sy woord nie, maar volvoer dit gedienstig.
Derdens, is dit bitter onstellend om te hoor dat die begroting vir nasionale ontwikkeling verdubbel is van meer as N$6 miljard tot meer as N$12 miljard vir die boekjaar 2024-’25. Dié skerp logaritmiese styging in die lig van die komende presidensiële en nasionale verkiesings later vanjaar, beïndruk niemand nie, vernaam in die lig van nasionale ontwikkeling wat vir 34 jaar teen ’n slakkepas geskied het; die regering nie eens een enkele hospitaal in daardie tydperk gebou het nie; en ’n parlementêre staande komitee vandeesweek bevind het, dat geld vir ontwikkelingsprojekte in die Zambezistreek, nie behoorlik benut word nie. Dit maak dus geen sin dat die begroting vir nasionale ontwikkeling so skerp gestyg het nie.
Kon die waarnemende president se kabinet regtig nie eens N$1 miljard vir senior burgers en kwesbare mense opsy gesit het nie? Regtig?
Laastens, hou Swapo-politici hulself bloot besig met verkiesings, magsverkryging en –behoud, en gepaardgaande voordele en voorregte teenoor wyle president Geingob, wat as staatsman met die sosioëkonomiese welstand van sy volk, die jeug, kwesbare gemeenskappe en die volgende generasie bemoeid was as deel van ’n langtermynvisie wat nasionale belange bo eie en partydige oorwegings plaas en nie magsbeleid ten koste van alles en almal nie. Nes oudpresident James R. Mancham, voormalige staatshoof van die Seychelle, vroeg in die nuwe millennium, was wyle president Geingob se uiteindelike droom die transformasie van die Namibiese samelewing en verrysing van ’n puik en magtige Namibië en volk wat met homself in vrede, vervulling en geluk lewe en nie net na blote mag en rykdom wat verdeeldheid bring, strewe nie.
Hy het in sy laaste uur gestrewe na eenheid, broederlike harmonie en ’n beter lewensgehalte vir alle Namibiërs en wou die siel van die volk belig en verlewendig. Hy wou graag hê dat die volk moes terugkeer na die eertydse strewe van “One Namibia, One Nation” deur sy beroemde droom, “One Namibian House” en “No Namibian must feel left out,” en dit omarm.
Waarnemende president Mbumba se ondeurdagte besluit en Swapo se onwilligheid om ’n maandelikse nasionale basiese inkomstetoelaag (BiG) vir armes in te stel, en ’n voorgestelde N$1 miljoen eenmalige uitbetaling aan elke Namibiër en ander sosioëkonomiese bematigingstrategieë in ’n superryk Namibië met arm Namibiërs, is bewys dat Swapo hoegenaamd nie toegewyd is aan armoede-uitwissing en bemagtiging en die belange van Namibiërs nie. Dís ’n groot fout wat Swapo begaan en selfdood wat die party by die stembus vanjaar duur te staan sal laat kom. Dis verseker.
Swapo-leiers gun die volk nie lewe nie. Hul handelinge bewys dit. Hulle moet onthou wat Namibiërs se wil en wens is: Ons wil ons kruisie slegs op papier trek en soek géén snaaksigheid nie. Hou sommer ook jul stokou, afgesaagde geskiedenisretoriek, leë beloftes, subtiele intimidasie en charismatiese leuses en toesprake vir julself. Ons kan vir onsself dink, en is nie meer ontvanklik en beskikbaar vir selfs enige vorm of hoeveelheid van massabreinspoeling, indoktrinering en kondisionering deur politieke en sielkundige manipulerende propaganda nie. Ons is slimmer as dít.
Swapo-leiers sal in der ewigheid nie wyle Hage Geingob se staatsmanskap, nalatenskap en steeds wordende karakterverandering in sy finale fase, van ’n blote politikus tot staatsman kan ewenaar nie. As staatsman het hy die nodige ervaring en skaars wysheid in sy optrede in staatsake, gehad, anders as sy partypolitici wat onvanpas en smaakloos in die nasionale routyd skielik aankondig dat Namibië vir Israel na die internasionale geregshof wil sleep. Hulle speel met vuur. En dié skielike fopnuus oor ’n kamtige N$800 000 se horlosie wat wyle president Geingob kamma sou gedra het om sy goeie naam te probeer vuil smeer, is kleinlik. Waar kom julle daaraan en hoe weet julle dat die horlosie soveel gekos het? Ons verwag antwoorde.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie