NG Kerk onder loep
GERHARD MAHNE VAN KAAPSTAD SKRYF:
Artikels in die afgelope dae se koerante laat ’n mens wonder wat hierdie week by die Algemene Sinode (AS) op Boksburg ten opsigte van onder meer gayverhoudings gaan gebeur.
Die moderator sê steeds ”gemeentes (kan) self besluit oor selfdegeslag-verbintenisse”, (NG Kerk se sinode praat weer oor gays, Die Burger, 7 Okt. 2023).
Advokaat Jeremy Gauntlett (SC) sê egter dis nie waar nie. Volgens hom het die AS met sy 2019 besluit oor selfdegeslagverhoudings geen gemeente met ’n keuse gelaat nie” (Netwerk 24, 7 Oktober 2023). Dit laat vraagtekens en skep verdere verdeeldheid.
Nog ’n verdelende faktor lê in die gesamentlike aanbidding voorstel wat voor die AS dien, dat Christene en Moslems en ander gelowe saam sal aanbid. Hieroor vra prof. Johan Janse van Rensburg: “Sal sinodegangers in staat wees om fynbeplande strukturering en formulering van hierdie en ander verslae en aanbevelings uit te ken?” (Boeddhiste sal dalk gou in NG Kerk kan aanbid, Rapport, 8 Oktober).
Prof. Hoffie Hofmeyr is van mening dat die vraag gevra moet word “wat presies is tans aan die gang en waar gaan dit alles eindig”? (As geloof oor die afgrond tuimel, 7 Oktober 2023).
Ten opsigte van waar alles gaan eindig, is hy nie ten gunste van skeuring nie, maar wel van verdeling. Daar kan plek gemaak word vir twee kategoriale strome in die NG Kerk, wat as gevolg van ’n vasgelooptheid in Bybelse beginsels, verdeel. Dit klink na ’n billike voorstel. Elke entiteit kan dan immers die naam NG Kerk behou plus watter bynaam (of byname) hy ookal vir homself sou wou uitdink.
Groot vraag is dus: Wat gaan nou gebeur? Die AS het veral die afgelope vier jaar sy bes gedoen om die Namibiese sinode en die nagenoeg 100 dolerende gemeentes te verseker, dat hulle nie bekommerd hoef te wees nie, want die gayverhouding-besluit is opsioneel, wat nou blyk nie te wees nie. En nou kom die gesamentlike aanbidding-kwessie ook nog op die tafel. Miskien beteken dit uiteindelik dat Namibië en ander sinodes nou met vrymoedigheid Artikel 37 van die NG Kerk se kerkorde kan deurvoer om hulleself van die AS los te maak. Bygesê, tensy die AS hom van sy Skrifvreemde besluite bekeer soos wat Namibië vroeër vanjaar versoek het.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie