Nog koffie, asseblief!
Werk, werk, werk. Koffie, koffie, koffie. Want ouers van klein-klein kinders slaap nie. Hulle staan nie stil nie, hulle het nie eers tyd vir dink nie.
Nietemin, kry jou kinders by die skool, bad hulle, voer hulle, speel met hulle. Spring op die trampolien saam met hulle, kleur prentjies in saam met hulle. Kry hulle by die sport, by die swemlesse, by die dokter.
Nog koffie, asseblief!
Natuurlik doen ons alles met groot dankbaarheid. Ons weet ons is geseënd. Ma’s is superwesens, hulle kan mos alles met die een hand doen en ’n baba op die ander heup. Selfs kinderpartytjies reël!
Jakaryntjie gooi vir die honderste keer haar hele emmer speelgoed op die sitkamervloer uit. Knapie grou die plastiekkas uit, die kombuisvloer raak ’n slagveld. Skud sy beker en verstom hom aan die waterdruppels wat oral spat. Gly-gly, kadoef, ’n bloukol, trane, troos.
Ek kyk nie televisie nie. Dis ’n luukse vir mense wat tyd het daarvoor.
Kyk hoe lyk jou huis! Wees lief vir jou kinders, want die tyd is kort, só kort! Maar pak ook die skottelgoedwasser uit, voer die troeteldiere, skryf stories en maak video’s.
Wanneer gaan jy die wasgoed uit die tuimeldroër haal en hierdie tuin kort aandag?!
Koffie, sterk, met een suiker en baie melk, dankie (terwyl ek heimlik wonder of ses lepels suiker nie dálk sou help nie).
Oeps, die kinders kyk al te lank televisie, maar dis al hoe die huis vir ’n kort rukkie netjies kan bly. Dis net tot die gaste weer vort is, troos jy jouself. Hoekom was jy Sondag nie in die kerk nie en die skool hou weer ’n geldinsamelingsdag, asseblief kan almal die stalletjies kom beman? Die hele Saterdag?
Koffieeeeeeeeeeeeee!
Wees dankbaar, dit kon wyn gewees het!
Kan jy asseblief net iets aan jou voorkoms doen? Jy verskyn in die publiek en op video’s! Doen jou hare, grimeer, met ’n peuter wat aan jou knieë hang.
Al weer ’n skoolverkoue, die 333ste een vir die jaar. Troos, medisyne, dokter jou eie verkoue so in die agtergrond. Miskien sal ek iewers vandag nog tyd kry om badkamer toe te gaan. . . al die koffie moet ook iewers uit.
Saans, voor jy jou oë toemaak, sê jy dankie vir die klein kreatuurtjies wat jou lewe en huis so kom omkrap. En jy hoop maar jy is ’n goed genoeg ouer en jy hoop al die raas en liefhê en leiding vir die dag was die regte ding en regverdig.
Voor die slaap jou soos ’n trein tref (met die wete dat ’n klein stemmetjie jou nou-nou gaan wakker maak) onthou jy vir ’n enkele oomblik wat jyself alles nog in die lewe wou behaal. Die halfgeskilderde skilderye, halfgeboude hidroponiese stelsel, halfleë bankrekening en halfdooie groentetuin kom spook in jou drome.
Net nie ’n “midlife crisis” ook nie, asseblief!
As my dag net 48 uur lank kon wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie