Nog ’n groot boom val

Mandy Rittmann
LEON SMITH SKRYF:

Eben Leon Smith, gebore 12 Februarie 1944.

Hy het sy werkloopbaan by die Administrasie vir Blankes in die destydse Suidwes-Afrika begin en later op Oshakati vir die Eerste Nasionale Ontwikkelingskorporasie (Enok) gewerk, voor hy sy eerste eie onderneming op dié dorp begin het.

Met die geboorte van sy kinders het hy na Windhoek verhuis, waar hy bekendheid in die versekering- en toe in die meubelbedryf verwerf het, met sy mensgerigte persoonlikheid. Hy was veral betrokke by die destydse Alfa Koöp en Nictus Meubels, voor hy weer sy eie baie suksesvolle onderneming, Bargain Centre, in Windhoek begin het.

Op 48-jarige ouderdom, met ’n sterk meubelsaak, ’n stewige portefeulje in eiendom en ’n lewendige avontuursgees, het Eben die stad verlaat en in semi-aftrede op Swakopmund gaan woon. Daar het hy skiboottoere onderneem, voertuie direk uit Japan ingevoer en sy eiendomsportefeulje bestuur tot sy dood vandeesweek.

Hy was van geaardheid vriendelik en ’n allemansvriend wat altyd ’n geselsie en pittighede gedeel het, en sy onuitputbare energie wyd kon saai.

Sy seun Leon Smith sê oor sy pa: “Hy het omgegee vir sy medemens en altyd probeer om te help waar hy kan. Hy het destyds juis besluit om af te tree toe sy kliënte nie meer eerste was in sy meubelbesigheid nie, en hy meer tyd aan bestuursake moes bestee.

“As jong man was my pa betrokke by politiek, maar later het hy besef dat ware versoening die enigste uitweg vir Namibië was, en toe gooi hy sy gewig agter Henk Mudge van die Republikeinse party in.”

Eben Leon Smith laat sy lewensmaat van 58 jaar, Anellie, drie kinders (Venessa Hays, Leon en Conrad), tien kleinkinders en agt agterkleinkinders agter.

Sy roudiens vind môre om 11:00 uit die NG Kerk op Swakopmund plaas.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!