No Image Caption

NRU Premierliga se semifinale

Mandy Rittmann
ROBBIE THOMPSON SKRYF:

Volgens Republikein van Donderdag 10 Augustus 2023 se Sport Wrap, is die semifinale nou bepaal. Dit blyk die onttrekkende span het die seën van die NRU-bestuur. Dis seker reg so. Sosiale media is vol van die storie en allerhande teorieë word vorendag gebring.

Is dit reg, is dit moreel, match fixing word voorgelê en natuurlik die groot vraag, is dit sportief?

Die saak is nou in die publieke oog en sodoende mag ons seker die betrokke klubs se name noem, want gedurig is dit mos ’n geheim, maar die Blou Bollie weet vooraf!

So, wat het Suburbs, Unam en die Springbokke in gemeen? Al drie het gewag dat permutasies in hulle guns tel. Met ander woorde, die wedstryde voorkant toe moes hulle help vir ’n meer positiewe posisie op die log. Wat toe mos nie gebeur nie. Nie in die Rugby Kampioenskap en ook nie hier op tuisbodem nie!

So om my eie vrae te antwoord:

Is dit reg? Ja, NRU seg mos so.

Is dit moreel? Ja, hoekom moet ander klubs jou ’n guns bewys. Hulle is dit aan hulle eie klubs verantwoordelik. Werk harder. Soos my pa altyd gevra het, “in die eerste plek, hoe het jy in daai posisie beland?”

Is dit match fixing? Nee, slim voetwerk. seker ’n gap gesien en gevat!

Is dit sportief? Natuurlik! Geen verduideliking nodig nie.

Dit bring my by die werklike oorsaak van die situasie. Onkunde van ons reëls en gebrek aan kommunikasie. Net soos ’n wedstryd reëls het, so ook die rugbyliga. Die goed is juis daar, om almal te beskerm en om gedurig skuiwergate te soek vir ’n voordeel, is onderduims en onsportief en dis juis ons administrateurs, wat dan die hardste skree.

Om die klubs op sosiale te verguis en sleg te sê, is nie sportief nie, want ons almal het nie die agtergrond nie. Redes is wel in die geval deur die NRU en Kudus geopper.

Kom ons leer hier uit, want ons het ’n plig teenoor die spel en ons spelers. Administrateurs moet liewer hulle selwes beter toerus en ophou emosioneel raak. Sommiges se klubsake is ook nie in orde nie, soos hulle sê, “'charity begins at home” mos.

Alle sterkte vorentoe aan die spanne in die semifinale in die onderskeie ligas. Dit was ’n spannende kompetisie hierdie jaar.

Maar nou,

Rugbygroete!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!