No Image Caption

O, Mens

Mandy Rittmann
MARTIN DENTLINGER SKRYF:

Van waar het jy geval, o mens, dat jy jouself so erg bevuil het, dat jy so afskuwelik en so ’n gruwel geword het?

Wat het tog gebeur, dat jy die prag en praal van jou eie skeppings bedek met vlerke uit die beswyming van duisternis onder bedekking van die nag daarmee weg te vlieg en dink jy word nie raak gesien nie?

Wat het jou besiel, o mens om die gestalte van ’n gruwel om te hang om die skeppings beeld in jou en om jou so te besoedel en vernietig?

Op die weg van ongeloof en waansin sonder konsepsie waarop jy wandel en om, Reikhalsend probeer vas te gryp, te streef daarna om dinge te bereik wat buite jou beryk sal bly.

Dinge wat jou bly ontwyk in ’n kop-greep vas geknel en bestem en so in onvervangbare frustrasie vasgevang deur jou werke waaraan jy vasklou met die kloue van ’n roofvoël.

As jy maar net jou werke van buite jouself kan sien. Die vrugte wat jy dra ook wil proe, sal jy besef die kronkelende pad waarop jy loop is nie goed vir jou of almal rondom jou.

Dit maak van jou ’n kind van rampspoed, ’n erfgenaam van ’n kreatiewe stryd, ’n slagveld van uiterstes.

Jy was dan perfek geskape, om ten volle in jou weë te wandel van die dag af dat jy geskape is. Wat het dan gebeur, dat daar ongeregtigheid in jou gevind is?

Is dit dalk weens die bedrieglikheid van jou koophandel met eiendomme wat nie aan jou behoort nie.

Het jou gierigheid jou dalk ingehaal? Jou binneste met geweld gevul, en jy bly die teiken mis?

Is dit dalk waarom jy in die duisternis van die nag jou met donker vlerke toegevou van Sions Berg weg te vlug om in die dal van doodskaduwees met jou bedrieglike handel voort te gaan.

Dink jy dan niemand sien jou werke en word nie gewalg deur die slegte vrugte wat wat jy voortbring en voorsit as maaltyd vir ander om af te wurg en van siek te word?

Besin jouself, o mens. Die duisternis kan nooit vir jou of jou werke beskut nie, o, mens, o, mens!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer